Previous Page  89 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 89 / 108 Next Page
Page Background

87

August 2018

Grafiek 1

toon die langtermyn-gemiddelde

reënval vanaf 2006/2007, asook kg graan/

mm reën vir die Lichtenburg-area. Dit

is belangrik om die tendens oor tyd te

bepaal ten einde vas te stel of daar oor

tyd ‘n verbetering in reëngebruiksdoeltref­

fendheid was.

Grafiek 2

wys die persentasie afwyking

vanaf die gemiddeld vir beide die reënval,

asook die gemiddelde opbrengs. Dit

weerspieël duidelik die wisselvalligheid

in reënval en opbrengste wat die afgelope

paar jaar voorgekom het.

Dit is belangrik om in gedagte te hou

dat faktore soos die verspreiding van

reënval deur die loop van die seisoen

‘n noemenswaardige impak op op­

brengspotensiaal kan hê – wat nie in die

berekeninge weerspieël word nie. Dit kan

grootliks ‘n verduideliking wees vir die

wisselvalligheid in die afwyking van die

gemiddelde opbrengs gemeet teen die ge­

middelde reënval vir die seisoen.

Die uitdaging is om produksiestelsels

meer doeltreffend te maak om oesop­

brengste meer stabiel te kry te midde

van wisselvallige reënval. Die 2011/2012-

seisoen staan uit met ‘n baie hoë reën­

gebruiksdoeltreffendheid (30 kg/mm), wat

redelik algemeen voorkom in droë sei-

soene. In hierdie geval was die jaarlikse

reënvalsyfer (rondom 100 mm) wat

aangedui is, te laag om enige oes te

lewer, so daar moes dus óf heelwat meer

grondwater oorgedra gewees het vanaf

die vorige seisoen (wat ‘n baie hoë reënval

van net onder 1 000 mm gehad het) om

‘n gemiddelde oes van rondom 3 t/ha te

realiseer, óf dat die reënvalrekords van die

2011/2012-seisoen nie korrek is nie. Die

lae reënval van die 2011/2012-seisoen en

waarskynlik geen grondwateroordraging

nie het bygedra tot die misoeste in die

2012/2013-seisoen (sien Grafiek 2).

Die jaarlikse en gemiddelde reëngebruiks­

doeltreffendheid van die Lichtenburg-area

is baie laer as die potensiële reëngebruiks­

doeltreffendheid van tussen 15 kg/mm/jaar

en 20 kg/mm/jaar, wat dui op baie ruimte

vir verbetering in doeltreffendheid van die

graanproduksiestelsels van die streek.

Delareyville

Die syfers vir die Delareyville-area toon

dat die gemiddelde jaarlikse reënval

vanaf die 2006/2007-seisoen ongeveer

483,4 mm/seisoen is. Na die aanpassing

vir die effektiewe reënval is die gemiddeld

ongeveer 457 mm/seisoen – wat effens laer

as die jaarlikse gemiddeld is.

Die gemiddelde opbrengs vir die Delarey­

ville-area oor hierdie tydperk, soos dit deur

die NOK gerapporteer word, is 2,57 t/ha.

Die gemiddelde reëngebruiksdoeltreffend­

heid vir die Delareyville-area is egter on­

geveer 5,62 kg graan/mm reën, wat baie

laer as die potensiële 15 kg - 20 kg graan/

mm reën is en baie ruimte vir verbetering

aandui.

Grafiek 2: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs

per seisoen: Lichtenburg-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 3: Reënval en kg graan/mm reën/seisoen in die Delareyville-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 4: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs

per seisoen: Delareyville-area.

Bron: LNR-GKW en NOK