Previous Page  91 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 91 / 108 Next Page
Page Background

Reëngebruiksdoeltreffendheid

In

Grafiek 3

op bladsy 87 word die jaarlikse

gemiddeld aangedui. Dieselfde patrone

kom na vore waar reënwater nie doeltref­

fend gebruik word en dan oorgedra word in

seisoene met hoë reënval nie. Dit verbeter

dus die reëngebruiksdoeltreffendheid van

die volgende seisoen indien dit ‘n droë

seisoen is soos 2011/2012. Die grafiek dui

aan dat baie reënwater oor die lang termyn

nie doeltreffend gebruik word nie; dit word

verloor deur afloop, verdamping of diep

dreinering.

Grafiek 4

op bladsy 87 toon die persenta-

sie afwyking vanaf die gemiddeld vir die

streek vir beide reënval en opbrengste. Uit

Grafiek 4 kan ons aflei dat dit oor hierdie

tydperk uiters wisselvallig was, maar dat

daar wel jare was waar bogemiddelde

opbrengste met ondergemiddelde reënval

geproduseer is– wat weer eens aandui dat

reënwater van ‘n nat na ‘n droë seisoen

oorgedra is.

Schweizer-Reneke

Die Schweizer-Reneke-area se gemiddelde

reënval oor die tydperk (vanaf die

2006/2007-seisoen) is 403 mm per ka­

lenderjaar. Die effektiewe reënval, na die

aanpassing, is ongeveer 446 mm/seisoen.

Volgens die NOK se syfers is die gemiddel­

de opbrengs vir die streek ongeveer

4,31 t/ha (4 310 kg/ha). Dit beteken dat

die reëngebruiksdoeltreffendheid vir die

streek ongeveer 10,4 kg graan/mm reën

is, wat hoër is as die ander streke en dui

op meer doeltreffende produksiestelsels.

Dit is egter steeds baie laer as die reën­

gebruiksdoeltreffendheid van 15 kg/mm

- 20 kg/mm reën wat ook dui op baie

ruimte vir die verbetering in die doeltref-

fendheid van die produksiestelsels. Die

jaarlikse syfers vir die Schweizer-Reneke-

area word in

Grafiek 5

getoon.

Grafiek 6

wys die gemiddelde persenta­

sie afwyking vanaf die gemiddeld vir

beide reënval en opbrengste vir die

streek. Dit is hieruit ook duidelik dat die

opbrengste uiters wisselvallig was – ge-

gewe die reënval vir die seisoen.

Daar is boonop in sommige jare met

ondergemiddelde reënval bogemiddelde

opbrengste gelewer en andersom – wat

dui op ‘n mate van (onbenutte) grondwa­

teroordraging vanaf nat na droë seisoene.

Dit kan ook verder toegeskryf word aan

die periode wanneer die reën deur die

loop van die seisoen voorkom – wat ‘n

noemenswaardige rol in die opbrengs vir

die seisoen speel.

Hou in gedagte

Alhoewel effektiewe reënval gedurende

die seisoen ‘n uiters belangrike rol in die

Op plaasvlak

Bestuurspraktyke

89

August 2018

Grafiek 5: Reënval en kg graan/mm reën/seisoen in die Schweizer-Reneke-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 6: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs per seisoen:

Schweizer-Reneke-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

produksie van die seisoen speel, is daar

ook ander faktore of praktyke wat produksie

en opbrengs kan beïnvloed. Aangesien

genoegsame water ‘n besonder belangrike

aspek en in die Noordwes Provinsie ‘n

beperkende hulpbron is, is dit noodsaaklik

dat dit optimaal benut moet word.

Soos in die artikel aangedui, is ‘n prak­

tiese norm of mikpunt vir reëngebruiks­

doeltreffendheid in mielieproduksie deur

verskeie internasionale studies vasgestel

op tussen 15 kg graan/mm water tot 20 kg

graan/mm water vir ‘n seisoen.

Dit is belangrik dat produsente sal vasstel

hoe hulle plase met die algemene norm

of potensiaal vergelyk, om sodoende die

verbouing daarvan te verbeter en meer

doeltreffend te maak. Die verspreiding

van reën deur die loop van die produksie-

seisoen speel ook ‘n uiters belangrike

rol in opbrengs, terwyl die grond se

waterhouvermoë, infiltrasievermoë, ver­

damping asook dreineringsvermoë ‘n

groot invloed kan hê in die doeltreffende

gebruik en benutting van reënwater – en

uiteindelik optimale graanproduksie.

Ten slotte

Die inligting wat in die artikel gebruik

word, weerspieël gemiddeldes van ‘n

omgewing en verteenwoordig nie pre­

siese gevalle nie. Dit is egter steeds ‘n

bruikbare aanduiding van hoe ‘n streek

se reëngebruiksdoeltreffendheid min of

meer daar uitsien. Dit is ook noodsaaklik

dat produsente hul eie plase teen dié ge­

middeldes sal meet om vas te stel hoe hul

plase daarmee vergelyk.

Dit is nie net noodsaaklik om hulself

teen dié gemiddeldes te meet nie, maar

die tendense moet ook bereken word

om vas te stel of daar ‘n verbetering in

reëngebruiksdoeltreffendheid is. In die

volgende gedeeltes van die reeks sal daar

op ander gedeeltes van die land gefokus

word.