Previous Page  85 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 85 / 108 Next Page
Page Background

Die

Aspoestertjie-

gewas...

G

edurende April vanjaar het Suid-Afrika die Internasionale

Sorghumkonferensie met die tema "Sorghum in the

21st century – feed, food and fuel in a rapidly changing

world" in Kaapstad gehuisves. Die konferensie is deur

meer as 400 afgevaardigdes van regoor die wêreld, waarvan die

meeste navorsers is, bygewoon. Die konferensie is ook deur sowat

80 Suid-Afrikaanse afgevaardigdes bygewoon.

Aspoestertjie-gewas

Sorghum word algemeen as die Aspoestertjie-gewas beskou

en ‘n byeenkoms van dié kaliber, met ‘n samekoms van sorg­

humwetenskaplikes – ‘n eerste in meer as 30-jaar – bevestig net weer

eens dat sorghum nie na waarde geskat word nie.

Graansorghum het goeie voedingseienskappe, is betreklik bestand

teen droogtetoestande, het ‘n aantal gesondheidsbevorde­

rende komponente, wat onder andere anti-oksidante en

anti-inflammatoriese voordele inhou, maar word tog as die

Aspoestertjie van gewasse beskou.

Internasionaal versus plaaslik

In terme van produksie is sorghum die wêreld se vyfde belangrikste

graan – naas koring, mielies, rys en gars. Sorghum is ‘n stapelvoed­

sel vir miljoene mense, bied biobrandstofgeleenthede, dien as

veevoer en kan verder vir die ontwikkeling van voedselprodukte

aangewend word.

Op internasionale vlak is die sorghumbedryf in die afgelope dekade

deur groot veranderinge beïnvloed: Die sorghumgenoom is gekar­

teer, hoë deursetfenotipering het as ‘n prioriteitsnavorsingsaspek

na vore gekom en die vraag na sorghum as ‘n voedings-, energie-

bron en menslike voedsel het ontstaan.

Heelwat van hierdie ontwikkeling is aangespoor en gedryf deur

nuwe belangstelling in alternatiewe voedsel- en energiebronne,

asook die voortgesette noodsaaklikheid van kalorie-innames vir die

wêreld se armes.

In teenstelling met dié internasionale verwikkelinge, het Suid-

Afrika se sorghumbedryf met plaaslike verbruik sowel as produksie

wat konstant daal ‘n laagtepunt bereik. Plaaslik is daar geen erkende

teelprogram vir die sorghumbedryf wat tot kultivarontwikkeling

bydra nie. Suid-Afrika se navorsingstegnologie-agterstand is tydens

die konferensie beklemtoon. Dié land is ligjare agter lande soos

Australië in terme van sorghumnavorsing.

Kernvoordele van sorghum

Tydens die konferensie het die onderstaande kernpunte uit-

gestaan:

Sorghum is ‘n unieke graangewas omdat dit hoë vlakke van

fenoliese fitochemikalieë, wat gesondheidsbevorderende

eienskappe besit, bevat. Hierdie fitochemikalieë kan sor­

ghumverbruikers teen die aanslag van nie-oordraagbare siektes

(naamlik vetsug, tipe 2-diabetes, kardiovaskulêre siekte en

sekere kankers) – wat ernstige negatiewe gevolge vir jou

gesondheid inhou – beskerm.

Sorghum is ewe ryk aan die belangrike voedingstowwe, stysel,

proteïen, lipiede, dieetvesel, vitamiene B en minerale, vergeleke

met ander graanprodukte soos mielies en rys.

Sorghum is ‘n natuurlike glutenvrye produk en is nie geneties-

gemodifiseer nie.

Omdat sorghum in Afrika ontstaan het, is dit besonder

goed vir verbouing onder uitdagende omgewingstoestande

(hoë temperature en lae reënval) aangepas en dit duld selfs

droogtetoestande. Aangesien Suid-Afrika reeds die negatiewe

impak van uitdagende klimaatstoestande op landbou ervaar,

moet sorghumproduksie en voedselverbruik in Suid-Afrika

bevorder word om nasionale en huishoudelike voedselseker-

heid te ondersteun.

Samewerking

Dié internasionale konferensie en gesprekvoering tussen kundiges

het ‘n algehele ommeswaai in teenwoordiges se denkpatrone te­

weeggebring. Plaaslike sorghumrolspelers het met opwinding

besef watter moontlikhede sorghum die land kan bied.

Met Suid-Afrika se ekstreme klimaatskommelinge en die ver­

wagtinge dat warmer en droër toestande ‘n realiteit sal word, kan

die sleutelrol van sorghum in voedselsekerheid nie langer misgekyk

word nie. Sorghum is een van Afrika se oudste, inheemse, maar tog

mees onderbenutte gewasse wat plaaslike rolspelers sal moet laat

hande vat ten einde die geleenthede wat sorghum ons land bied,

te ondersoek

.

S

o

r

g

h

u

m

Kollig

Petru Fourie,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA

83

August 2018

1: Ebert du Plessis (produsent van Standerton), Willem Groothof (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 13, Settlers)

en Petru Fourie tydens die Internasionale Sorghumkonferensie.

2: Afgevaardigdes van Graan SA, die Sorghumtrust, DST, SAGL, Agbiz Grain, GFADA, Universiteit van die Vrystaat, K2 Agri,

Pannar en verwerkers wat by die konferensie teenwoordig was.

3: Trustees van die Sorghumtrust: Willem Groothof, Anton Nebe (voorsitter), Ramoso Pholo, Leon du Plessis en Happy Mohane.

1

3

2