Previous Page  86 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 86 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

84

lig

Is daar aan die einde van die

liggingsdifferensiaaltonnel?

B

y die 2018 Graan SA Kongres

was die liggingsdifferensiaal weer

eens ‘n belangrike punt wat vir

bespreking ter tafel geplaas is.

Elke kommoditeitswegbreeksessie het

die liggingsdifferensiaal apart hanteer,

waarvandaan daar verskillende mandate

aan Graan SA se Hoofbestuur en personeel

deurgegee is.

Die mandate het hoofsaaklik ingesluit

dat die liggingsdifferensiaal weer opnuut

ondersoek moet word en dat ‘n komitee

saamgestel moet word met die oog

daarop om ‘n dinkskrum te hou waar die

onderskeie alternatiewe oorweeg kan word.

Dit is veral vanaf die mielie-, maar ook die

wintergraanwegbreeksessie, versoek.

Die meeste van ons produsente ken die

geskiedenis en al die verskeie argumente

rondom die liggingsdifferensiaal. Die

realiteit waarmee almal in die verlede

gekonfronteer was, is dat produsente nie

alleen ‘n besluit daaroor kan neem nie en

daarom was die vorige debatte rondom

die verwydering van die differensiaal

oneffektief.

Dit het daartoe gelei dat produsente

gevra het dat die verwydering van die

liggingsdifferensiaal nie ondersoek moet

word nie, maar dat daar met ‘n nuwe

perspektief na alternatiewe gekyk moet

word ten einde ‘n beter, meer regverdige

en meer deursigtige stelsel te skep.

Deeglike analises is uiters belangrik en

dat moontlike alternatiewe oplossings

gebaseer word op waterdigte argumente

wat gestaaf is met feitelike bevindings.

Gaan alle produsente gelukkig wees

met alternatiewe? Nee, ongelukkig nie.

Selfs al word die liggingsdifferensiaal

verwyder, gaan daar steeds produsente

wees wat voel dat die situasie hul

benadeel. Die doel moet wees om soveel

as moontlik produsente te bevoordeel,

terwyl die stelsel so regverdig en deursig-

tig moontlik is.

‘n Liggingsdifferensiaalwerkgroep is einde

Mei gehou, waar verskeie produsente van

hoofsaaklik die mielie- en wintergraan­

werkgroep, asook genooide gaste, die

alternatiewe bespreek het. Later die middag

is die gesprekvoering waarby verskeie rol­

spelers binne die graanwaardeketting be­

trokke was, verder geneem ten einde die

besprekings rakende die moontlike alter­

natiewe verder te voer en te verbreed. Dit

was gestruktureerde gesprekke wat hul ba­

sis in feitelike inligting wat deur Graan SA

se ekonome saamgestel is, gehad het.

Die inligting

Oor die algemeen was daar redelike

konsensus dat die huidige berekening van

die liggingsdifferensiaal heelwat spasie

laat dat verkeerde inligting in die bereke­

ninge gebruik kan word. Dit is grootliks

weens die feit dat die inligting vir die

berekening van die differensiaal wat aan

die JSE verskaf word, slegs deur etlike

rolspelers op ‘n kwotasiebasis verskaf word.

Kwotasiebasis beteken in wese dat daar

geen vorm van kompetisie of eienaarskap

in terme van die fisiese dienslewering of

vervoer van die graan is nie. Dit veroorsaak

dat die kwotasie wat vir die berekening aan

die JSE verskaf word, nie noodwendig die

ware koste van vervoer weerspieël nie.

Voorstelle om die berekening te verbeter,

het ingesluit om die vervoerkoste statutêr in

te samel met die oog daarop om die werklike

koste te bepaal.

Die vloei van graan na alternatiewe

afleweringspunte kan ook veroorsaak dat

die berekening skeef getrek word, aangesien

die vraag en aanbod van graan drasties

tussen die verskillende lokaliteite verskil.

Die besluit is geneem dat die moontlikheid

van statutêre insameling van die werklike

vervoerkostes ondersoek moet word en

wat die haalbaarheid daarvan en risiko’s

daaraan verbonde kan wees.

Dit is van kardinale belang dat, indien daar

wel ‘n liggingsdifferensiaal in plek is, dit so

akkuraat moontlik bereken moet word om

die ware stand van sake te weerspieël.

Die verwysingspunt

Met die deregulering van die bemar­

kingsraad en die oorgang na ‘n vrye­

markstelsel het verskeie veranderinge in

die markte plaasgevind, waaronder die

verskuiwing van die verwerkingsaanlegte

vir beter doeltreffendheid ook deel was.

Dit het teweeg gebring dat ‘n groot

gedeelte van die verwerkingsaanlegte

nader aan die produksiegebiede geskuif

het – wat Randfontein as verwysingspunt

nie noodwendig meer die mees relevante

verwysingspunt maak nie.

Dit word gestaaf deur die groot aantal

herlewerings wat veral by die silo’s naaste

aan Randfontein plaasvind.

Grafiek 1

toon

die drie jaar gemiddelde hoeveelheid

lewerings en herlewerings van beide wit-

en geelmielies per afstandskerf vanaf

Randfontein wat op Safex-kontrakte plaas­

gevind het.

op plaasvlak

Verwysingspunt / Verhandelingsprys / Basisverhandeling

Liggingsdifferensiaal

Dr Dirk Strydom,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

Grafiek 1: Gemiddelde fisiese lewerings, herlewerings en persentasie herlewering van beide

wit- en geelmielies per afstandskerf vanaf Randfontein.

Bron: JSE