Previous Page  79 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 79 / 108 Next Page
Page Background

‘n

Goeie

alternatief

G

raansorghum kan ‘n belangrike rol as ‘n stabiliserende

faktor in die somergraanproduksiegebiede speel as ge-

volg van sy beter droogteverdraagsaamheid in vergelyking

met mielies op marginale en swaarder gronde. Dit kan

onder hierdie omstandighede as ‘n goeie alternatief vir mielies dien.

Droogteverdraagsaamheid

Die beter droogteverdraagsaamheid van graansorghum in verge­

lyking met die meeste ander gewasse, veral mielies, kan aan die

volgende faktore toegeskryf word:

Graansorghum het die vermoë om gedurende droogtestremming

in ‘n sogenaamde “groeistilstand”-fase oor te gaan. Op hierdie wyse

word vogverbruik baie ingekort en die fisiologiese ontwikkeling

vertraag. Ná goeie reën herstel die gewas vinnig, met of sonder die

vorming van aardraende spruite.

Die stamme en blare van sorghum is bleek met ‘n wasagtige lagie

en het ‘n kurkagtige opperhuid, wat uitdroging en verwelking

help teenwerk. Die blare het die vermoë om inwaarts te rol en

sodoende die transpirasie-tempo te vertraag.

‘n Sorghumplant het ‘n kleiner blaaroppervlakte as ‘n mielieplant,

en kan gedurende tye van sterk en warm winde transpirasie beter

beheer. Boonop is die vogbehoefte van sorghum minder kritiek net

voor, met en ná blom. Dit is ongeveer 30% meer vog-doeltreffend

as mielies en skade as gevolg van droogte in dié tydperk is aansien­

lik minder.

‘n Sorghumplant het ‘n sterk en doeltreffende wortelstelsel, wat

die grond beter kan binnedring en gestoorde grondvog op swaar

kleigronde doeltreffender kan benut as byvoorbeeld mielies.

Gedurende bestuiwing word graansorghum nie so erg soos mielies

deur stremming beïnvloed nie. Die sinkronisasie tussen stempel- en

stuifmeelontwikkeling is baie beter en bestuiwing vind selfs onder

redelik ongunstige toestande doeltreffend plaas omdat die afstand

wat die stuifmeel moet beweeg baie korter is as wat die geval is

by mielies.

Graansorghum het die vermoë om baie goed te kompenseer deur

aardraende spruite te vorm indien die plante te yl geplant word

of yl opkom, of waar die hoofaar in die aktiewe groeitydperk beska­

dig is. Dit kan kompenseer by ‘n lae plantpopulasie na gelang van

die groeitoestande wat heers.

Verbouing

Hou die volgende aspekte in gedagte met die verbouing van

graansorghum:

Die klein sorghumplantjie is sensitief vir onkruiddruk en die land

moet veral op ‘n jong stadium so skoon as moontlik gehou word om

kompetisie vir voedingstowwe en water uit te skakel.

Omdat die sorghumsaad klein is, is ‘n fyn saadbed nodig vir

optimale grond-tot-saad kontak. Dit is belangrik om te onthou dat

graansorghumsaad met Concep

®

behandel moet word alvorens

van vooropkomsgrasdoder gebruik gemaak kan word.

Tydens die vlagblaarstadium, net voor die aar verskyn, is die

sorghumplant ook baie sensitief vir lae temperature. Dit is die

stadium net voor die ontwikkeling van stuifmeelkorrels. By tem­

perature van 10°C en laer kan stuifmeelontwikkeling tot só ‘n mate

benadeel word dat steriele stuifmeel geproduseer word.

So min as twee ure by sekere uiterste lae temperature kan manlike

steriliteit veroorsaak, wat tot steriele are aanleiding kan gee. Die

vroulike gedeelte van die aar (blom) word nie in dieselfde mate deur

lae temperature benadeel nie.

Groot vordering is die afgelope paar jaar gemaak met die ontwikke­

ling van kultivars met goeie koueverdraagsaamheid. Dit is ‘n eien­

skap wat groot voorkeur by ‘n mens se kultivarkeuse moet kry in

koeler produksiegebiede.

Indien daar later in die seisoen ‘n bolwurminfestasie voorkom,

moet ten minste twee verskillende chemiese groepe in kombinasie

gebruik word om die pes doeltreffend te bestry, aangesien die bol­

wurm baie weerstandig is teen die meeste sintetiese peritroïedes.

Graansorghumpakket

Pannar Saad se graansorghumpakket handhaaf ‘n uitstekende

prestasierekord in die Landbounavorsingsraad (LNR) en Pannar se

proewe. PAN 8944 en PAN 8816 word as hoofaanplanting vir al die

graansorghumproduksiestreke aanbeveel.

PAN 8944

Hierdie is ‘n nuwe medium-vinnige baster met goeie maalgehalte.

Dit is goed aangepas vir al die produksiestreke en spesifiek

Limpopo. Dié baster lewer ‘n baie egalige groeiwyse met goeie

koplengte en produseer aantreklike helderrooi graan.

PAN 8816

Dié baster in die medium-laat groeiklas word as die beste baster in

die Pannar pakket beskou. Dit is baie wyd aangepas. Hierdie baster,

met ‘n mooi planttipe, egalige groeiwyse en goeie staanvermoë,

beskik oor uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit.

PAN 8625

Hierdie is ‘n spesialiteit bittersorghum en pas in die laat

groeiseisoenklas. Dit is wyd aangepas en beskik oor uitstekende

opbrengsprestasie en agronomiese eienskappe.

S

o

r

g

h

u

m

Kollig

Nico Barnard,

landboukundige, Pannar

Produkinligting

‘n Mens kan op Pannar se graansorghumpakket reken vir goeie

stabiliteit, aanpasbaarheid en opbrengsprestasie.

77

August

2018