Previous Page  74 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 74 / 108 Next Page
Page Background

S

ensako is trots daarop om ‘n eg Suid-Afrikaanse maatskap­

py te wees en hulle ontwikkel kompeterende saadpro­

dukte vir die plaaslike mark om produsente in die bedryf

se winsgewendheid te verhoog.

Die sojaboonkultivars wat deur Sensako vir Suid-Afrika vryge-

stel is, het hulle oorsprong in die teelprogram van Estación Expe­

rimental Agroindustrial Obispo Colombres (EEAOC) in Argentinië.

Die kultivars wat deur EEAOC ontwikkel is, is intensief getoets in

die plaaslike sojaboonproduksiegebiede. Sojaboonkultivars (onbe­

paalde groeiers met RR-weerstand) is uit dié program vrygestel.

Onafhanklike resultate van kommersiële strookproewe in same­

werking met verskeie studiegroepe en boereverenigings het die

uitstekende opbrengsprestasie, aanpassing, stabiliteit en strem­

mingsweerstand van die SSS-kultivars in vergelyking met kontro-

les bewys.

SSS 6560tuc: Lang groeier, bosagtige kultivar met uitstekende

opbrengspotensiaal en wyd aangepas vir die warmer besproei­

ingsgebiede, die gematigde en koeler gebiede, asook droëland.

SSS 5052tuc: Stabiele en aangepaste hoë-opbrengspotensiaalkul­

tivar vir droëland en besproeiing. ‘n Bosagtige regop kultivar met

goeie omvalweerstand en goeie weerstand teen oopspring.

SSS 5449tuc: Oostelike Hoëveld-wenner, aangepas in die koeler

droëland- en besproeiingsomgewings. Semi-bosagtige kultivar

met onbepaalde groeiwyse, uitstekende peulhoogte en omvalweer­

stand, asook goeie weerstand teen oopspring.

Wees aanpasbaar in die kultivarkeuse, afhangende van die plant­

venster wat beskikbaar is. Kies die groeiklas en kultivar hiervolgens

en pas die rywydte en plantestand aan volgens wat die beste

opbrengsreaksie tot gevolg gaan hê. Meer inligting oor die kulti-

vars is op Sensako se webtuiste beskikbaar. Saad word deur

SENseed bemark.

Nuwe

wenners

vir die mark

Fokus

Sojabone

Mini-

Produkinligting

Willem Otto, Roean Wessels

albei van Sensako

en

Pieter Craven,

SENseed