Previous Page  75 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 75 / 108 Next Page
Page Background

VOERMOL

DUNDEE

LEKKONSENTRAAT

Voermol Dundee Lekkonsentraat

Reg. Nr. V10737 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk.

Posbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

Meng met

die Beste

Voermol Dundee

Lekkonsentraat:

• Is hoogs gekonsentreerd

wat die koste van proteïen-

aanvulling verlaag

• Kan aangewend word om

'n groot verskeidenheid

onderhouds- en produksie-

lekke te meng

• Voorsien die nodige minerale,

spoorminerale en vitamien A

vir optimale produksie

• 032 439 5599 • www.voermol.co.za • info@voermol.co.za

VERLAAG DROËSEISOEN LEKKOSTE MET DIE

GEBRUIK VAN VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT

Dit is 'n bekende feit dat proteïenaanvulling gedurende die droëseisoen

noodsaaklik is om massaverlies te voorkom en dus koeiproduktiwiteit te

verhoog. Met die stygende koste van lekaanvulling is dit sinvol om die

gebruik van goedkoper alternatiewe as klaargemengde lekke te ondersoek.

VOORDELE EN GEBRUIKE VAN VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT

Voermol Dundee Lekkonsentraat is hoogs gekonsentreerd wat die koste

van proteïenaanvulling verlaag.

Voermol Dundee Lekkonsentraat kan aangewend word om 'n groot

verskeidenheid lekke te meng. Sodoende kan lekmengsels aangepas word

om te verseker dat diere by elke situasie optimaal presteer.

Voermol Dundee Lekkonsentraat is 'n goedgebalanseerde lekkonsentraat

wat die nodige minerale, spoorminerale asook Vitamien A vir optimale

produksie bevat.

Voermol Dundee Lekkonsentraat bevat geen addisionele fosfor (P) nie.

Onder toestande waar koeie aan die einde van die droëseisoen kalf, gebruik

die menginstruksies sonder enige addisionele P. Dit is egter belangrik om

die drie-fase lekprogram te volg waar P op groen weiding aangevul word.

Waar koeie gedurende die droëseisoen kalf of waar 'n ernstige P tekort

ondervind word, gebruik die menginstruksies met addisionele P (Rumevite

12P). Sien menginstruksies in produkhandleiding.

LEKMENGSEL VIR VERSE

Verse onderpresteer dikwels omdat hulle nie voldoende lek inneem nie. Gevolglik

behoort verse 'n smaaklike lek van beter gehalte as volwasse teelkoeie te

ontvang. Die volgende mengsel is 'n voorbeeld van so 'n mengsel wat goeie

resultate behoort te gee:

Voermol Dundee Lekkonsentraat

300 kg

Voermol Procon 33 (V12701)

50 kg

Rumevite 12P (V11994)

50 kg

Mieliemeel

200 kg

Sout

200 kg

TOTAAL

800 kg

Aanbevole inname: 450 – 600 g/vers/dag.

Vir volledige meng- en voerinstruksies raadpleeg u naaste Voermolagent,

sien www.voermol.co.za of stuur ’n e-pos aan info@voermol.co.za