Previous Page  77 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 77 / 108 Next Page
Page Background

Pannar se PAN 8625, PAN 8944 en PAN 8816 het tweede, derde

en vierde plekke behaal, gevolg deur Agricol se Dominator. Waar

kultivars vir twee of drie jaar in die proef ingeskryf is, is die gemiddeld

bereken.

Alhoewel dié proef heelwat kllimaatsuitdagings deurstaan het,

is ‘n besonder goeie gemiddelde opbrengs van 6,17 t/ha vir die

proef behaal.

Settlers

Heelwat nuwe sorghumkultivars is in die afgelope drie seisoene

in die Settlers-proef ingeskryf. PAN 8945 en PAN 8625, twee van

Pannar se nuwe inskrywings, het in die afgelope seisoen die beste

en tweede beste opbrengste behaal. Agricol se kultivar (Enforcer)

het die derde beste presteer, gevolg deur AG Bullet wat ook ‘n

Agricol kultivar, sowel as ‘n nuwe inskrywing, is.

Die koëffisiënt van variasie (KV) is 15,96% vir die 2017/2018-seisoen

en ‘n gemiddelde opbrengs van 3,28 t/ha is behaal. Waar kultivars vir

twee of drie jaar in die proef ingeskryf is, is die gemiddeld bereken.

Slotsom

Graan SA spreek graag sy dank uit aan elke individu wat met ander

rolspelers handevat en saamwerk om die plaaslike sorghumproduk­

sie te bevorder deur hul betrokkenheid by dié projek. Só ‘n taak

kan nie aangepak word sonder toegewyde, doelgerigte produsente

nie en ook nie sonder die samewerking en bystand van Pannar,

K2 Agri en Agricol nie. Die resultate kan ook op Graan SA se web-

blad by

www.grainsa.co.za

, onder die Graannavorsingsopskrif

besigtig word.

Graan SA spreek sy opregte dank uit teenoor die Sorghumtrust

vir hul finansiële steun waarsonder die projek nie moontlik sou

wees nie.

Sorghumproefbesigtigingsdag op Standerton

Graan SA se sorghumkultivarproewe word op mnr Ebert du Plessis se plaas in die Standerton-omgewing

aangeplant. ‘n Uiters suksesvolle sorghumproefbesigtigingsdag is gedurende Mei daar gehou. Dié dag

is deur Graan SA, produsente en saadmaatskappye bygewoon. Daar het ‘n gemoedelike atmosfeer

geheers, met positiewe interaksie tussen die verskeie rolspelers.

Pannar, Agricol en K2 Agri het inligting van hul onderskeie kultivars aan produsente deurgegee, waarna produsente

die geleentheid gehad het om deur die proewe te beweeg. Na ‘n besonder goeie sessie en terugvoer oor aspekte

binne die sorghumbedryf, is daar heerlik saam gebraai en gekuier. Graan SA spreek graag sy dank uit aan

almal wat saamgewerk het om van dié dag so ‘n groot sukses te maak.

75

August 2018

GEMIDDELDE OPBRENGS

KULTIVAR

SAADMAATSKAPPY 2015/2016 2016/2017 2017/2018

RANG 3 JAAR

2 JAAR

T/HA

T/HA

T/HA

T/HA

T/HA

PAN 8945

Pannar

-

-

4,13

1

-

-

PAN 8625¹

Pannar

-

-

3,68

2

-

-

Enforcer

Agricol

3,18

4,72

3,56

3

3,82

-

AG Bullet¹

Agricol

-

-

3,49

4

-

-

PAN 8944

Pannar

2,01

4,16

3,37

5

3,18

-

Avenger¹

Pannar

-

-

3,15

6

-

-

AG Swift

Agricol

-

-

2,99

7

-

-

PAN 8816

Pannar

2,51

4,05

2,65

8

3,07

-

Mr Buster

K2 Agri

2,8

4,49

2,50*

9

3,26

-

Dominator

Agricol

2,33

4,71

-

-

-

3,52

Titan

Agricol

2,56

4,04

-

-

-

3,30

PAN 8940 T¹

Pannar

-

4,20

-

-

-

-

PAN 8906

Pannar

2,9

-

-

-

-

-

PAN 8933

Pannar

2,78

-

-

-

-

-

Strookproefgemiddeld

(t/ha)

2,63

4,34

3,28

KV

14,82

6,83

15,96

* Plantestand

¹ Bittersorghumkultivars

Tabel 2: Settlers se sorghumstrookproefresultate.

Die projek is slegs moontlik weens

die samewerking tussen rolspelers

wat handevat om sorghum se

saak te bevorder: Gerdi Odendal

(K2 Agri), Nico Barnard (Pannar),

Johannes Modutwane (Pannar),

Anita Janeke (K2 Agri), Anina

Snyman (Agricol), Ebert du Plessis

(produsent van Standerton waar

proef aangeplant word), Petru Fourie

(Graan SA), Ikageng Maluleke

(Graan SA), Joubert Swanepoel

(Agricol) en Willem Groothof

(voorsitter van die Graan SA

Sorghum Werkgroep).