Previous Page  76 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 76 / 108 Next Page
Page Background

Kultivarproewe

bring nuwe opwinding

oor kultivars

G

raan SA se sorghumkultivarproefprojek is in sy derde

seisoen. Die projek vind in samewerking met die

sorghumsaadmaatskappye (Pannar, K2 Agri en Agricol)

en produsente plaas. Die doel van die projek is om die

winsgewendheid en volhoubaarheid van sorghumproduksie in

Suid-Afrika te bevorder deur die aanpasbaarste kultivar vir elk van

die produksiegebiede te identifiseer.

Lokaliteite

Strookproewe is in die afgelope seisoen op slegs twee lokaliteite

aangeplant – hoofsaaklik omdat dit as een van die uitdagendste

plantseisoene onthou sal word. As gevolg van die risiko wat kwe­

leas inhou, is die proef in die Vrystaat nie aangeplant nie. Daar

word ook tans bitter min soetsorghum in daardie omgewing aan-

geplant. Die Sannieshof-proef het weer tydens planttyd erge

droogtetoestande ervaar. Die ander twee lokaliteite (Settlers en

Standerton) is gestroop en resultate word in dié artikel bespreek.

Kultivars en kontrole

Kultivars wat kommersieel beskikbaar is, sowel as potensiële

"goeie" kultivars wat nog nie kommersieel beskikbaar is nie,

word in die proewe ingesluit. Daar is ‘n nuwe opwinding onder

Graan SA se personeel en sorghumprodusente, aangesien die

betrokke saadmaatskappye daadwerklik skouer aan die wiel sit in

hul poging om nuwe kultivars vir produsente beskikbaar te stel.

Wanneer die resultate in

Tabel 1

en

Tabel 2

van nader bekyk

word, is dit opvallend hoeveel nuwe kultivars die afgelope drie

seisoene in die proewe ingeskryf is. Pannar se PAN 8816 is as

kontrole gebruik.

Resultate

Strookproefresultate kan gebruik word om die beste kultivars

met die regte eienskappe te identifiseer en sodoende die

aanpasbaarste kultivar vir ‘n betrokke omgewing aan te plant. Die

tabelle verskaf die opbrengste per kultivar, gemiddelde opbrengs

per gebied en elke gebied se koëffisiënt van variasie (KV). Die KV dui

die statistiese korrektheid van ‘n proef aan. ‘n Waarde laer as 15 word

as statisties goed beskou. Met ander woorde: Hoe laer die KV, hoe

meer aanvaarbaar is die proef se akkuraatheid.

Met die plaaslike vraag, hoofsaaklik na soetsorghum, word soet-

sorghumkultivars grotendeels in die proewe ingesluit. Bittersor­

ghumkultivars word met ‘n ¹ aangedui.

Standerton

In Tabel 1 is die opbrengsdata vir Standerton vir die afgelope

drie produksieseisoene aangebring. Die koëffisiënt van variasie

(KV) is besonder laag (2,22%) vir die 2017/2018-seisoen, die proef is

uiters goed uitgevoer en die resultate is betroubaar. Agricol se

kultivar (Enforcer) het die hoogste opbrengs in die 2017/2018-sei­

soen behaal en het ook die beste presteer as die drie jaar gemid-

deld in ag geneem word.

S

o

r

g

h

u

m

Kollig

Petru Fourie,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA

Augustus 2018

74

GEMIDDELDE OPBRENGS

KULTIVAR

SAADMAATSKAPPY 2015/2016 2016/2017 2017/2018

RANG 3 JAAR

2 JAAR

T/HA

T/HA

T/HA

T/HA

T/HA

Enforcer

Agricol

5,00

10,73

7,08

1

7,61

-

PAN 8625¹

Pannar

-

-

6,81

2

-

-

PAN 8944

Pannar

3,52

8,77

6,62

3

6,30

-

PAN 8816

Pannar

5,23

9,01

6,55

4

6,93

-

Dominator

Agricol

4,43

10,44

6,51

5

7,13

-

PAN 8945

Pannar

-

-

6,24

6

-

-

Titan

Agricol

4,88

9,74

5,02

7

6,55

-

Avenger¹

Agricol

-

-

4,55*

8

-

-

PAN 8933

Pannar

5,46

10,37

-

-

-

7,92

PAN 8906

Pannar

5,43

9,82

-

-

-

7,62

Mr Buster

K2 Agri

4,28

8,45

-

-

6,36

PAN 8940 T¹

Pannar

-

11,84

-

-

-

Strookproefgemiddeld

(t/ha)

4,78

9,94

6,17

KV

4,80

9,67

2,22

* Plantestand

¹ Bittersorghumkultivars

Tabel 1: Standerton se sorghumstrookproefresultate.