Previous Page  69 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 69 / 108 Next Page
Page Background

B

ASF Suid-Afrika is nog altyd

toegewy aan boerdery. Dit blyk

nie net uit die bekendstelling van

onlangse innovasies soos Eragon

®

nie, maar ook deur inisiatiewe soos die

volledige transformasie van die maat-

skappy se logistieke model en beleggings

in nuwe tegnologie. Tot dusver was van­

jaar ‘n opwindende jaar vir BASF in Suid-

Afrika, aangesien dié chemiese reus sy

verspreidingsmodel verander het en die

pakhuis in Johannesburg van Midrand na

City Deep verskuif het.

Die nuwe pakhuis is sentraal geleë, wat

groter gerief en beter toegang vir kliënte

bied. Aangesien digitalisering belangriker

word in die globale besigheidsomge-

wing, is BASF ook besig met ‘n paar

inisiatiewe in hierdie veld, wat wissel

van die ontwikkeling van ‘n opwindende

nuwe gewasbeskermingstoepassing tot ‘n

belegging in nuwe satellietbeeldsagteware.

“Ons is trots op die feit dat ons regtig na

die bedryf luister. Ons het in onlangse

gesprekke met ons kliënte ‘n paar behoef­

tes en tekortkominge geïdentifiseer en ons

glo vas dat hierdie nuwe inisiatiewe baie

waarde tot ons totale diensleweringspak­

ket sal voeg,” sê mnr Bright Breytenbach

(landboubesigheidsbestuurder, BASF SA).

Die uitdagende en dikwels onvoorspel­

bare klimaat van mielieproduksie in Suid-

Afrika het, benewens die laer as normale

mieliepryse, bygedra tot ‘n komplekse

besigheidsomgewing vir produsente, waar

hulle onder andere gedwing word om hul

insetkoste te herevalueer. As gevolg van

die uiterste droogte wat verlede jaar in die

Wes- en Suid-Kaap ervaar is, het BASF

Gewasbeskerming SA in April vanjaar ‘n

kosteverlaging van sy nuutste swamdoder

vir kleingraan, Ceriax

®

, aangekondig.

BASF is toegewy aan boerdery en het

besluit om mielies nou ook deel te maak

van dié veldtog deur sy voor- en na-opkoms

onkruiddoders, Intelex

®

, Stellar

®

Star en

Campus

®

, ook nou meer bekostigbaar vir

produsente te maak.

Dit sal produsente in staat stel om in ‘n

uitdagende seisoen steeds die nuutste

tegnologie te gebruik en gevolglik ‘n hoër

opbrengs op belegging verseker.

Innoverende oplossings

BASF is verder toegewy aan boerdery

deur innoverende en tegnologies gevor­

derde oplossings aan die mark te bied.

Een van die maatskappy se onlangse groot

innovasies, wat in 2015 aan die plaaslike

mark bekend gestel is, was Intelex, die

rewolusionêre vooropkoms-onkruiddoder

vir mielies en suikerriet. Die maatskappy

is opgewonde om Eragon, die nuut-

ste innovasie, aan die plaaslike mark

bekend te stel. Dit is ‘n nuwe en innove­

rende voorplant-skoonmaak onkruiddoder

vir vinnige en verbeterde beheer van

hardnekkige breëblaaronkruide by mielies

en sojabone.

Eragon, wat deur die volgende generasie

aktiewe bestanddeel Kixor

®

aangedryf

word, sal die voorplant-skoonmaak van on­

kruide drasties verbeter deur sy kragtige

blaaraktiwiteit en uitstekende sistemiese

werking. Die middel werk baie vinniger

as bestaande oplossings, teen ‘n spoed

wat nog nooit in die voorplant-skoonmaak

segment gesien is nie. Dit bied beheer van

sekere ALS-, triasien- en glifosaatbestande

breëblaarbiotipes, terwyl die uiters lae

toedieningsvolume ook volhoubaarheid tot

gevolg het, wat positief vir die omgewing

is. Dit kan ook ná die seisoen toegedien

word om onkruide te beheer wat geduren­

de die winter gevestig het en moontlike

onkruidbesmettings vir die volgende sei­

soen skep.

"Eragon bring ‘n nuwe dimensie tot on­

kruidbeheer vir produsente – om binne

so min as twee dae beheer te sien, is on­

gelooflik,” sê mnr Sean Stiles (rygewas-

portefeuljebestuurder, BASF SA).

Volledige

onkruiddoderportefeulje

Intelex, ‘n Kixor-oplossing, is die maat­

skappy se nuutste rewolusie vir die

vooropkomsbeheer van grasse en breë­

blaaronkruide in konvensionele en GMO-

mielies. Dit is ‘n vooropkoms-oplossing in

een bottel en vereis geen byvoeging van

bykomende produkte nie.

Dit bied beheer teen hardnekkige onkrui­

de, onder andere

Ipomoea purpurea

en

Commelina benghalensis

. As dit volgens

die etiket gebruik word, is dit hoogs se­

lektief in mielies en dit is ook geskik vir

gewasrotasie met sojabone, kleingraan en

sonneblomme.

Die twee wyses van werking van Stellar

Star, afkomstig vanaf Topramazone en

Dicamba, benodig geen addisionele by­

voegmiddels nie. Dit is geregistreer om

17 eenjarige grasse en 31 breëblaaronkrui-

de te beheer, insluitend onkruide soos

Citrullus lanatus

,

Commelina benghalensis

,

Fallopia convolvulus

en

Ipomoea purpurea

.

Campus is ‘n betroubare na-opkoms on-

kruiddoder vir die beheer van ‘n breë

spektrum van 16 grasse en 27 breëblaar-

onkruide. Dit is hoogs selektief in

konvensionele en glifosaat-verdraagsame

mielies en dit gee produsente die buig­

saamheid om Campus later gedurende die

gewasontwikkeling toe te dien.

67

August 2018

Toegewy aan boerdery:

Nou ook op mielies en sojabone

Produkinligting

Fokus

Sojabone

Mini-

BASF GEWASBESKERMING SA

Intelex,

Stellar Star

en Campus

ook nou meer

bekostig­

baar vir

produsente...