Previous Page  65 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 65 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Sojabone

Mini-

63

In Grafiek 3 kan ‘n mens sien dat die plaaslike voorraadvlakke

sedert die begin van die 2017/2018-seisoen (Maart 2017) aansien-

lik toegeneem het – wat die plaaslike pryse onder druk geplaas het

en dit meer in ‘n sywaartse rigting laat verhandel het. Plaaslike

voorraadvlakke is steeds hoog vergeleke met die vorige paar jaar,

wat plaaslike pryse steeds onder druk hou.

Dit is duidelik dat wanneer die verskil tussen die plaaslike sojaboon-

pryse en die afgeleide pryse oorweeg word, die persmarge tans

groot is – wat daarop dui dat dit wel winsgewend is om sojabone

plaaslik vir olie- en oliekoekproduksie te pers. Dit behoort die vraag

na sojabone te stimuleer, maar die tempo waarteen die plaaslike

oliekoek in die veevoermark opgeneem word, bly steeds die groot-

ste vraagstuk.

Plaaslike sojaboonoliekoek

Die gemiddelde plaaslike verbruik van sojaboonoliekoek is tus-

sen ongeveer 1,2 miljoen - 1,3 miljoen ton per jaar, waarvan byna

700 000 ton plaaslik vervaardig word, terwyl die res (± 550 000 ton -

600 000 ton) ingevoer word. Die belangrikste bestemming waarvan-

daan die oliekoek na Suid-Afrika ingevoer word, is Argentinië,

terwyl daar sedert Januarie 2017 ook wesenlike hoeveelhede vanaf

Zambië af ingevoer is. In

Grafiek 4

op bladsy 60 is die maandelikse

gemiddelde invoerpryse na Suid-Afrika vanaf hierdie twee bestem-

mings – soos gerapporteer deur die Suid-Afrikaanse Inkomste­

diens (SAID) – aangebring, asook die gemiddelde uitvoerprys vanaf

Argentinië en Zambië na ander wêreldbestemmings.

Uit Grafiek 4 kan afgelei word dat die Suid-Afrikaanse invoerprys

redelik goed met die Argentynse uitvoerprys korreleer en dat dit

meeste van die tyd in lyn met mekaar is. Dieselfde tendens is nie

van toepassing wanneer die prys waarteen die Zambiese oliekoek

ingevoer word, bestudeer word nie. Dit is duidelik dat die Suid-Afri-

kaanse invoerprys van Zambiese sojaboonoliekoek aansienlik laer is

as die Zambiese uitvoerprys na ander internasionale bestemmings.

Ten slotte

In ‘n internasionale konteks is die voortreflike groei wat in die ver-

bruik van veral sojabone waargeneem word, oor die algemeen ‘n

ondersteunende faktor vir internasionale pryse. Daar is tans in die

internasionale mark heelwat onsekerhede wat hoofsaaklik geskep

word deur handelsonsekerhede tussen die VSA en China – met die

VSA as die grootste uitvoerder van sojabone en China die groot-

ste invoerder.

Die plaaslike verwerking van sojabone vind tans nie teen die ver-

langde tempo plaas nie – wat 'n bekommernis vir die plaaslike mark

is. Die voorraadvlakke van sojabone akkumuleer en hou die plaaslike

pryse onder druk. Dit bied wel ondersteuning aan die plaaslike pers-

marge – wat die plaaslike vraag na sojabone kan stimuleer en hopelik

in die nabye toekoms ‘n oplewing in die perskapasiteit in strategies-

geposisioneerde lokaliteite tot gevolg sal hê.

Graanmark

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van

hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely

word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Tri-Cure is nog steeds die eerste en

enigste ten volle geregistreerde

biologiese swamdoder vir die beheer

van

Rhizoctonia, Fusarium

en

Pythium

in mielies, koring, sojabone, boonge-

wasse, aartappels en groentegewasse.

Die aktiewe bestanddeel -

Trichoderma

harzianum

is multi-funksioneel in

terme van die rol wat dit speel in bio-

logiese beheer en groeistimulasie. Dit

lewer ook uitstekende resultate in die

beheer van sub-dodelike patogene en

verdedigingsmeganisme in plante.

Tri-Cure WP - L 8295 Act No. 36 of 1947

144 Avenue 2, Modder East Orchards, Delmas, 2210

Tel: +27 (0) 82 738 0080

orders@mbfi.co.za

www.mbfi.co.za