Previous Page  63 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 63 / 108 Next Page
Page Background

Foundation

Pack

Kombinasie van statistiese en kommersiële proewe

Foundation Pack Soybean Ultra oor afgelope 5 jaar

het ‘n gemiddelde opbrengs van 370 kg/ha getoon

Die Foundation Pack Soybean Premium, Ultra en

Excellence is die boer se alles-in-een saadbehandelingspak

wat 'n verskeidenheid van hoë kwaliteit produkte

vir saadbehandeling bevat, en sluit die volgende in:

swamdoder, bakteriële beskermingsagente en hoë

gehalte rhizobiumentstof om te verseker dat die beste

grondslag geskep word om ontwikkeling en gehalte van

wortels, groei, stikstofbinding, siektebeheer en

opbrengs te maksimaliseer.

Soybean

Opbrengsverhoging per ha

144 Avenue 2, Modder East Orchards, Delmas, 2210

Tel: +27 (0) 82 738 0080

orders@mbfi.co.za

www.mbfi.co.za

61

Wêreldtendense oor tyd

Grafiek 1

illustreer die indekswaardes van die wêreldsojaboon-

produksie en -invoere, asook sojaboonoliekoekproduksie en -in-

voere met die 2007/2008-seisoen as basisjaar. Uit Grafiek 1 kan

afgelei word dat dié aspekte van die sojaboonbedryf oor die af-

gelope tien jaar bevredigende groei geniet het – met wêreldinvoere

van sojabone wat verdubbel het.

Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou sal wêreld­

sojabooninvoere in die 2018/2019-seisoen ongeveer 96% meer

wees as die invoere wat in die 2007/2008-seisoen plaasgevind het.

China is die grootste invoerder van sojabone en ontvang gemiddeld

65% van wêreldinvoere. Die produksie van sojaboonoliekoek het

oor die afgelope tien jaar ook ‘n duidelike toenemende tendens

getoon en het met ongeveer 55% oor dié tydperk toegeneem. Die

VSA is die grootste produsent van die produk, gevolg deur China,

Argentinië en Brasilië – met Argentinië wat die grootste uitvoerder

daarvan is. Wanneer die verskil in die indekswaardes van die pro­

duksie en invoere daarvan ontleed word, is dit duidelik dat die

grootste verbruikers van die produk redelik selfvoorsienend is en

nie so afhanklik van invoere is nie.

Die invoere van sojaboonoliekoek het oor die afgelope tien jaar

met slegs ongeveer 14% toegeneem. Internasionale sojaboon-

produksie het oor dieselfde tydperk met ongeveer 63% toegeneem,

met die VSA, Brasilië en Argentinië wat vir meer as 80% van die

wêreldproduksie verantwoordelik is.

Internasionale prysvergelykings

Grafiek 2

wys die maandelikse gemiddelde sojaboonpryse van die

drie belangrikste produserende lande, naamlik die VSA, Brasilië en

Argentinië. Uit die grafiek is dit duidelik dat die internasionale

pryse van soja-bone sedert die 2010-seisoen hoofsaaklik in ‘n op-

waartse tendens was, voordat dit gedurende die 2012/2013-seisoen

‘n draaipunt bereik het. Daarna het dit weer ‘n afwaartse siklus ge-

toon. Bevredigende groei in produksie, wat sedert die 2012-seisoen

waargeneem is, het bygedra tot die druk op die pryse. Oor

die algemeen was daar oor hierdie tydperk wel behoorlike ople­

wing in die vraag na oliesade – wat die verliese aan die laer pryse

tot ‘n mate beperk het.

Plaaslike mark

Die plaaslike sojaboonmark het oor die afgelope vyf tot ses jaar

behoorlike groei getoon, veral in terme van produksie – met die

afgelope twee seisoene wat beide rekordproduksieseisoene van

1,316 miljoen ton en 1,558 miljoen ton vir die 2017/2018- en

2018/2019-seisoene onderskeidelik was. Die voortreflike produksie

wat die afgelope twee jaar gesien is, het die plaaslike voorraadvlak­

ke aansienlik laat toeneem, met die gevolg dat Suid-Afrika aan die

einde van die 2017/2018-seisoen met ‘n oordragvoorraad van on-

geveer 320 000 ton gesit het.

Hoë voorraadvlakke plaas die tempo van die verwerking van

sojabone plaaslik onder die vergrootglas. Met sojaboonoliekoek

en -olie as die belangrikste produkte wat uit sojabone verkry word

wanneer dit gepers word – en wat ‘n kardinale rol in die groter

markomgewing speel, is die fokus in die mark grootliks hierop.

Aangesien beide produkte steeds op ‘n jaarlikse basis ingevoer

word, is dit duidelik dat die plaaslike mark vir hierdie twee produkte

in terme van die plaaslike produksie daarvan ver van versadig is.

Dit beteken dat daar wel nog genoeg spasie in die mark is om

sojabone vir die produksie van olie en oliekoek te verwerk – wat ‘n

beduidende rol kan speel in die opneem van die huidige plaaslike

sojaboon-“surplus” .

Grafiek 3

vervat die plaaslike onverwerkte voorrade per maand

wat sedert Maart 2012 in die land beskikbaar was, tesame met

die maandelikse gemiddelde hoeveelheid sojabone wat plaaslik

verwerk word, die oliekoekinvoere asook die plaaslike Safex-soja-

boonprys en die afgeleide prys vir sojabone.