Previous Page  59 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 59 / 84 Next Page
Page Background

Stukwerk word ingespan om elke deeltydse arbeider se effektiwiteit

ten beste te benut. Dit dra daartoe by dat kostes in toom gehou

word en arbeiders volgens prestasie vergoed kan word. Groepsdruk

verhoog die effektiwiteit van arbeid dramaties. Daar is tans spanne

op die plaas wat net vir kontrakwerk aangestel word. Die spanne

sal byvoorbeeld mieliekoppe optel of hul kapasiteit word vir die

uitdun van bloekomplantasies aangewend.

Bestuurspraktyke

Kultivarkeuse is die eerste stap om produksie te optimaliseer. Die

keuse van kultivars word gebaseer op proewe wat op die plaas en

in die omgewing gedoen word. Hierdie inligting word vanaf groot

insetverskaffers bekom om te verseker dat die proewe korrek

gedoen word en dat die inligting op die regte manier verwerk word.

Presisieboerdery word in samewerking met Omnia ingespan om

die winsgewendheid van die plaas te optimaliseer. Die effektiwiteit

van produksie word met die doeltreffendheid van kapitaalaanwen-

ding gekombineer ten einde die beste winste te verseker.

Daar word veral met die toediening van onkruiddoder verseker

dat die produk die beste geleentheid op effektiwiteit het. Die Delta

T-meter word ingespan om die optimale tyd van toediening te bepaal.

Deeglike rekords van wat waar geplant is verminder ook die kans dat

die verkeerde onkruiddoder op die verkeerde gewas gespuit word.

Gewasse word volgens die behoeftes van die mark aangeplant,

maar die winsgewendheid van die boerdery kry altyd voorkeur. Op

die oomblik word daar gepoog om ongeveer 50% van die lande

met sojabone en 50% van die lande met mielies te beplant. Hierdie

wisselboustelsel het bepaalde voordele – waarvan een is om die

beperkte hulpbronne optimaal aan te wend.

Ten einde risiko te verskans, word ‘n grootvee-eenheid vir elke

droëland-geplante hektaar op die plaas aangehou. Verder word

die gewaspryse voor-seisoen aktief bestuur en alles moontlik

word gedoen om die hoogste gemiddelde pryse te realiseer. Die

moontlikheid van graanopberging word ook ondersoek, maar die

winsgewendheid daarvan sal dikteer of dit sal realiseer.

Kuddebestuur

Deur te poog om voortdurend beter winste te maak, sal verseker ‘n

bydrae lewer om jou te ondersteun om ‘n reuse-terugslag te oorleef.

In graanproduksie is winsgewendheid belangriker as opbrengs. In

die stoetveebedryf gaan dit ook oor wins, maar die genetika van

die kudde, asook die aanpasbaarheid van die beesras, is van kardi-

nale belang.

Effektiewe kuddebestuur waarborg dat die veevertakking winsge-

wend is en dit is hier waar skoonseun Barry, as kuddebestuurder,

‘n kardinale rol vervul. Die stoet dwing die boerdery om vooruit te

beplan. Die behoeftes van die toekoms moet voorspel kan word en

daarvoor moet geteel word. Boshoff het in sy kudde die genetika

om poena-Bonsmara-bulle te teel. In die toekoms mag hierdie

eienskap dalk betreklik handig te pas kom.

Toekoms

Boshoff en sy span bestuur die besigheid om te kan aanhou groei

en ook om dit van geslag tot geslag oor te gee. Met hierdie doel

in gedagte word planne aktief beraam om te bepaal hoe hulle die

volgende geslag in die boerdery gaan inbring sonder om die be-

sigheid op risiko te plaas.

Hy bly groot droom, maak planne om die drome te verwesenlik,

neem sy werknemers en insetverskaffers saam en laat die ge-

meenskap ook in sy welvaart deel. Dit dra daartoe by dat almal in die

omgewing ‘n beter plek het om in te woon en te werk.

Opheffingswerk was en is Boshoff se passie. Hy het voorheen

‘n groot rol gespeel om te verseker dat plaaslike gemeenskappe

finansieel ondersteun word. Omstandighede sien tans dramaties

anders daaruit, maar hy poog steeds om die ontwikkelingswerk

voort te sit.

Rig navrae oor hierdie artikel aan Jan Boshoff by 082 388 0912 of

Pietman Botha by 082 759 2991.

Werknemers belangrikste faktor

6

6: Mense laat alles gebeur. Met ‘n goeie werkspan word alle take moeiteloos afgehandel en deel almal in die welvaart wat geskep word.

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

57

April 2018