Previous Page  64 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 64 / 84 Next Page
Page Background

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 • Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za

Verdien gratis

Agri

Bonus

-punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

Die alles-in-een-saadverskaffer

Klein Karoo Saad Bemarking spreek die volledige saadbehoefte van boere aan en het ‘n wye saadprodukreeks wat groente-,

weidings- en agronomiesegewasse insluit.

Nuwe produkte word voortdurend geloods om seker te maak dat die maatskappy op die voorpunt van genetiese vooruitgang

bly. Innovasie is die sleutel tot sukses vir enige saadmaatskappy en K2 Saad is voortdurend besig om innoverende idees te

ontwikkel en toe te pas.

Kom besoek ons gerus tydens Nampo Oesdag vanaf 15 tot 18 Mei 2018 by die Roodebank Saadkompleks, Standplaas 5 vir

meer inligting.

Die volledige saadbehoefte

Innoverend

Kwaliteit

Genetika

Veranderinge in vooruitsig gestel

K

2 bied ‘n wye reeks hoë gehalte saad aan produsente. Dit

sluit in agronomiese-, weiding- asook groentesaad. Ons

tegniese span is ook daar om die nodige ondersteuning te

bied om by te dra daartoe om produsente se volhoubaar-

heid te verseker.

Ons wil ons produsente graag uitnooi om gebruik te maak van

die geleentheid om hierdie jaar met ons personeel by NAMPO te

kom gesels. K2 is deel van die Zaad groep van maatskappye en

is besig om die besigheid strategies te fokus om ‘n volwaardige

vennoot van ons produsente te wees.

Die maatskappy slaan ‘n nuwe blaadjie om en die NAMPO Oesdag

sal aan almal die geleentheid bied om hul te vergewis van hoe sake

vorentoe daar gaan uitsien. Daar is enkele nuwe variëteite wat

beskikbaar gestel word, alhoewel die fokus eerder is op hoe ons

besigheid vorentoe gaan benader.

K2 se bestuurspan het onlangs effens verander. Die visie vir die

maatskappy, hoe ons met ons kliënte werk, die waardes wat ons

najaag en die manier waarop ons besigheid benader, is alles ter

sprake. By K2 wil ons egter nie te veel fokus op die verlede nie en ons

eerder inspan om die regte veranderinge of verbeteringe te maak

om volhoubaarheid vir ons besigheid en ons kliënte te verseker.

Ons is tans besig om aandag te skenk aan verskeie kernaspekte van

die besigheid.

Verandering bring ook geleenthede en K2 wil graag van die

geleentheid gebruik maak om vir mnre Fanie Meiring en Jan van

der Merwe voorspoed en seën toe te wens. Meiring is reeds sedert

2000 betrokke by K2 en het tot dusver ‘n groot sukses gemaak

van die area waar hy K2 bemark. Hy sal voortaan die verkope en

bemarkingsaspekte van ons Agronomiese/Weidingsafdeling be-

hartig. Die Groente-afdeling van K2 sal ook meer spesifieke fokus

geniet en word voortaan gelei deur Van der Merwe, wat onlangs by

ons aangesluit het.

Te midde van uitdagings en onsekerheid in die bedryf, sal K2

aanhou om sy deel te doen. Trots Suid-Afrikaans sien ons daarna

uit om ook op jóú plaas ‘n verskil te maak.

OP PLAASVLAK

Saad

Produk-inligting

EUGENE MULLER,

besturende direkteur, Klein Karoo Saad Bemarking