Previous Page  62 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 62 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

60

Bt-mielies vir die beheer

van Chilo-boorder

T

ydens die verbouing van mielies is

daar ‘n aantal omgewingsfaktore

wat opbrengs kan beïnvloed, soos

droogtes, siektes en insekplae.

Stamboorders is van die mees ekonomies-

belangrike plae wêreldwyd – Suid-Afrika

ingesluit.

Die drie ekonomies-belangrike mieliestam-

boorderspesies in Suid-Afrika is die Afrika-

mieliestamboorder (

Busseola fusca

), die

pienk stamboorder (

Sesamia calamistis

) en

die Chilo-boorder (

Chilo partelllus

). Hierdie

drie stamboorderspesies word hoofsaaklik

met Bt-mielies beheer.

Die Afrika-mieliestamboorder is die enigste

stamboorder wat weerstand teen die eerste

generasie Bt-mielie wat in Suid-Afrika

aangeplant is, ontwikkel het. Studies is by

die LNR-Graangewasse gedoen om vas te

stel of die Chilo-boorder by verskillende

larfouderdomme die potensiaal het om op

Bt-mielies te oorleef. Uit hierdie studies

kan daar dan ook vasgestel word of daar

al vir dié spesie tekens van weerstand teen

Bt-mielies is.

Die Chilo-boorder, ook bekend as die

gespikkelde stamboorder (

Foto 1

), is in-

heems aan Asië. Hierdie indringerspesie

is sedert die 1930’s in Afrika opgemerk en

het verder afwaarts versprei tot in Suid-

Afrika. Die Chilo-boorder is vir die eerste

keer in 1958 in die Springbokvlaktes

opgemerk. Die Chilo-boorder kom in

gemengde populasie saam met die

Afrika-mieliestamboorder voor, maar die

larwegetalle bestaan meestal uit Chilo-

boorders en kan toegeskryf word aan hul

korter lewensiklus.

Die roomkleurige wyfiemot (

Foto 2

) lê on-

geveer 500 eiers in totaal in verskeie eier-

pakkies onder of bo-op die blare van die

mielieplant. Die eiers is dakpansgewys

gerangskik en is geel van kleur (

Foto 3

).

Die eiers kan binne vyf dae uitbroei en

sodra hulle uitbroei, beweeg die larfies

na die kelk van die mielieplant. Daar sal

larwes hul vestig vir verdere voeding wat

die ooglopende gaatjies in die kelkblare

veroorsaak.

Na ongeveer tien tot 14 dae sal hierdie

larfies uit die kelk klim en vir die res van die

siklus tussen die blaarskede of in die stam

in boor totdat hulle papies (

Foto 4

) word.

Die volwasse larwes is wit van kleur met vier

rye spikkels op die lyf – twee rye bo-op en

twee rye aan weerskante.

Die larwes in die stam maak tonnels en

verswak die mielieplant deur die versperring

van opwaartse beweging van water en

nutriënte, wat tot swak kopvorming en

graanvul kan lei. Verswakte stamme kan ook

knak en dan val die mielieplante om.

Laboratoriumstudies is gedoen om vas

te stel hoe effektief ses week-oue Bt-

mielieplante drie verskillende larfstadiums

van die Chilo-boorder beheer. Die twee

tipes Bt-generasies wat in Suid-Afrika

verbou word, is vir die evaluasies gebruik en

word verder na verwys na Bt1 en Bt2.

OP PLAASVLAK

Mielies / Stamboorders / Chilo-boorder

Geïntegreerde plaagbeheer

JANET VORSTER

en

DR ANNEMIE ERASMUS,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

Grafiek 1: Die pasuitgebroeide Chilo-boorderlarfies se oorlewing en massa nadat hulle vir 14 dae aan

nie-Bt- en Bt-mielieplante gevreet het.

Grafiek 2: Sewe dae oue Chilo-boorderlarwes se oorlewing en massa nadat hulle vir 14 dae aan

nie-Bt- en Bt-mielieplante gevreet het.