Previous Page  63 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 63 / 84 Next Page
Page Background

61

April 2018

Larwale oorlewing vir die pasuitgebroeide

larwes se resultate was belowend. Albei

Bt-generasies het die larwes binne die eer-

ste sewe dae effektief beheer (

Grafiek 1

).

Resultate van die Chilo-larwes wat sewe

dae oud was, se oorlewing was na sewe dae

baie swak en teen die 14de dag het larwes

op beide Bt1 en Bt2 uitgesterf (

Grafiek 2

).

Resultate vir die Chilo-larwes wat 16 dae

oud was, verskil in dié opsig dat daar nog

op dag sewe tussen 54% op Bt1 en 50% op

Bt2 oorleef het (

Grafiek 3

). Op dag 14 het

daar nog 14% larwes op albei Bt-generasies

oorleef.

Al is daar ‘n mate van oorlewing, bly die

vraag nog steeds of hierdie larwes hul

siklus kan voltooi tot papie- of motstadium.

Indien die papie- of motstadium wel bereik

word, kan hierdie papie of mot swak wees

as gevolg van die lae massa wat larwes op

die Bt-plante bereik vergeleke met die hoër

massa wat larwes wat op die nie-Bt-plante

bereik.

Dit beteken dat hierdie enkele oorlewing

van papies en motte op Bt-plante moontlik

beduidend swak is, wat die kans vir

nakomelinge hierdeur drasties laat afneem.

Uit hierdie navorsing blyk dit dat die moont-

likheid bestaan dat indien larwes op ‘n ouer

larfstadium na Bt-mielieplante oorklim,

hulle vir langer periodes kan oorleef. Indien

die larwes in motte ontwikkel, kan daar ‘n

nageslag wees wat ‘n sterker toleransie vir

Bt-mielieplante het.

Tans is daar egter geen kommer of teken

van Chilo-boorders wat weerstand teen

enige van die Bt-gene ontwikkel het nie.

Vir meer inligting kan die LNR-Graange-

wasse op Potchefstroom

by 018 299 6100 geskakel

word.

1: Die volgroeide larf van die Chilo-boorder.

2: Die wyfiemot van die Chilo-boorder.

3: Die eiers van die Chilo-boorder.

4: Die papiestadium van die Chilo-boorder.

Grafiek 3: 16 dae oue Chilo-boorderlarwes se oorlewing en massa nadat hulle vir 14 dae aan

nie-Bt- en Bt-mielieplante gevreet het.

1

2

4

3