Previous Page  53 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 53 / 84 Next Page
Page Background

Dié innoverende oplossing

nou meer bekostigbaar

B

ASF is toegewy aan landbou – soveel so dat die maatskappy

een van sy nuutste oplossings op kleingraan, Ceriax

®

,

nou meer bekostigbaar vir produsente gemaak het. Dit is

verseker goeie nuus vir Wes- en Suid-Kaapse produsente

wat die afgelope seisoen onder erge droogte gebuk gegaan het.

Volgens mnr Antonio Parenti (bemarkingsbestuurder: Gewasbe-

skerming, BASF Suid-Afrika) sal dié verlaging in prys produsente in

staat stel om steeds gedurende ‘n uitdagende seisoen die nuutste

tegnologie op hul kleingraan te gebruik en gevolglik vir hul ‘n hoër

opbrengs op belegging verseker.

“Ons is trots op die feit dat ons regtig na die bedryf luister," het

mnr Bright Breytenbach (landboubesigheidsbestuurder, BASF

Suid-Afrika) gesê. "Ons glo dat hierdie inisiatief plaaslike klein-

graanprodusente tot ‘n groot mate sal ondersteun en ons sal

voortdurend na nuwe geleenthede soek om ons belegging in Suid-

Afrika verder te verhoog.”

Ceriax word gebruik vir die beheer van blaarvlek (

Rhynchosporium

secalis

), bruinroes (

Puccinia hordei

), netvlek (

Pyrenophora teres

)

en poeieragtige skimmel (meeldou) (

Erisiphe graminis

) op gars,

asook vaalblaar- en bruinaarsiekte (

Septoria

spp

.

), bruinroes

(

Puccinia triticina

), stamroes (

Puccinia graminis

), poeieragtige

skimmel (meeldou) (

Erisiphe graminis

) en geel-/streeproes (

Puccinia

striiformis

) op koring.

Toegewy op meer as een vlak

BASF Gewasbeskerming het sedert 2011 sy belegging in plaaslike

landbou drasties verhoog. Die eerste stap in die proses was die

uitbreiding van die Suid-Afrikaanse span vir die verbetering van

dienslewering. Dit, tesame met die bekendstelling van talle nuwe

innoverende oplossings (insluitend onder andere Intelex

®

, die

revolusionêre voor-opkomsonkruiddoder op verskeie gewasse,

Sercadis

®

, ‘n beste-in-sy-klas-swamdoder op kernvrugte, asook

Ceriax) en die uitbreiding van die plaaslike verspreidingsnetwerk,

het verhoogde waarde en toeganklikheid vir produsente tot gevolg

gehad. Op ‘n globale vlak is die aaneenlopende ontwikkeling van

nuwe en verbeterde oplossings ook een van die hoofstrategiese

fokuspunte van BASF.

Nuut in die pyplyn

Die Gewasbeskermingsafdeling het verlede jaar sowat €507 miljoen

belê in die navorsing en ontwikkeling van nuwe, innoverende

oplossings. Produsente kan in die toekoms uitsien na die volgende:

Swamdoders

‘n Nuwe Xemium

®

-formulering vir mielies.

Revysol

®

in verskeie formulerings vir ry- en spesialiteitsgewasse.

Onkruiddoders

Addisionele Kixor

®

-oplossings wat produsente sal ondersteun in

die bestuur van moeilike onkruide.

‘n Nuwe onkruiddoder sal ook beskikbaar wees vir die beheer

van grasse.

Insekdoders

Inscalis

®

– ‘n unieke metode van werking-oplossing teen

stekende en suigende insekte op verskeie gewasse.

Broflanilide

®

– ‘n nuwe metode van werking (Groep 30 IRAC) wat

produsente sal ondersteun om kouende insekte te beheer – ook

as ‘n saadoplossing-behandeling.

Publieke gesondheidsoplossings

BASF gaan twee nuwe innoverende benaderings bekendstel vir die

bekamping van malaria met Chlorfenapyr:

‘n Maklik-om-te-gebruik-oplossing, Interceptor

®

G2 (‘n nuwe

generasie van muskietnette); en

Sylando

®

240SC (‘n nawerkende-aksie-bespuiting vir die be-

handeling van binnemuurse omgewings – veral mure en

plafonne).

Plantvoedingsoplossings

Geleenthede vir stikstofstabiliseerders soos Limus

®

, wat bin-

nekort in Europa, Afrika en Suid-Amerika bekend gestel gaan

word.

51

May 2018

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Produk-inligting

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIESPAN

Meer oor Ceriax

BASF was die eerste maatskappy om in 2016 ‘n nuwe innoverende

SDHI-groep-swamdoder op kleingraan in Suid-Afrika bekend te stel

met die produk Ceriax wat op koring en gars geregistreer is. Dit be-

vat ‘n nuwe aktiewe bestanddeel, Xemium, wat deel vorm van die

karboksamiedklas (SDHI).

Die aktiewe bestanddeel bied effektiewe voorkomende werking.

Die unieke mobiliteit bied nie net besonder vinnige en staatmaker-

beheer van bestaande infeksies nie, maar ook langdurige en betrou-

bare beskerming van nuwe groei in die kleingraanplant.

Die nuwe “

Stick and Stay

”-formulering van die produk maak voor-

siening vir uitstekende oppervlakaktiwiteit, wat goed bedekte blare

tot gevolg het. Met die uitstekende verspreiding en benatting, goeie

binding van spuitdruppels op die plantoppervlak, hoë beskikbaar-

heid van produkkonsentrasie op die plant en ‘n tot agt keer vinni-

ger droogperiode as die meeste konvensionele swamdoders, maak

die formulering voorsiening vir uitstekende reënvastheid tydens

ongunstige weertoestande.

Voordele

Die voordele van die produk sluit in:

Unieke mobiliteit – vinnige vervoer en eweredige verspreiding

op en in die blare – verseker langdurige beskerming teen siektes.

Uitstekende siektebeheer – drie verskillende wyses van werking

in een bottel.

‘n Innoverende “

Stick and Stay

”-formulering – vinnige opname

en maksimum doeltreffendheid te midde van onvoorspelbare

weerstoestande.