Previous Page  50 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 50 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

48

OP PLAASVLAK

Sojaboonoliekoek / Kwaliteit / Plaaslik

Markte

Sojaboonbedryf:

Is

local

nie lekker nie, of wat?

I

n die plaaslike mark bou voorraadvlak-

ke van sojabone met elke seisoen stadig

op. Die nuwe produksiejaar het stadig

begin, met plantdatums wat bitter laat

was. Die sojaboonaanplanting aan die

oostekant van die land was oorwegend laat,

maar die meeste produsente het daarin

geslaag om hul voorgenome intensies te

plant.

In die weste was dit ‘n redelike uitdaging

om te plant en sommige produsente

moes alternatiewe gewasse aanplant – en

kon derhalwe nie al die beplande hek-

tare plant nie. Volgens die Nasionale Oes-

skattingskomitee (NOK) is die aanplantings

van sojabone 787 200 ha, met ‘n verwagte

oes van 1 394 800 ton.

As ‘n mens die huidige bemarkingseisoen

bestudeer, sou 'n mens verwag dat daar

oordragvoorraad van die vorige gunstige

produksieseisoen sal wees. In die soja-

boonmark is die oordrag, volgens die

nuutste syfers van die Nasionale Landbou-

bemarkingsraad (NLBR) se Vraag en Aanbod

Projeksie Komitee (V&APK), 332 442 ton.

Dié hoë oordragvoorraadsituasie het die

plaaslike Safex-prys van sojabone weg van

die afgeleide sojaboonprys laat beweeg.

Daar is aanvanklik verwag dat die totale

produksie van ongeveer 1,3 miljoen ton

in die vorige produksiejaar verwerk sou

word, maar ‘n beraamde 890 000 ton soja-

boonoliekoek is uiteindelik gepers. Die

vraag is: Hoekom is slegs 890 000 ton se

sojabone vir sojaboonoliekoek verwerk

– en het oliekoekinvoere steeds plaasge-

vind, terwyl die geskatte perskapasiteit vir

sojabone tussen 1,8 miljoen en 2,2 miljoen

ton is?

As die plaaslike oliekoekkwaliteit ontleed

word, reken kenners soos dr Erhard

Briedenhann (HUB, MIDS) dat daar in wese

nie ‘n kwaliteitprobleem met plaaslike

sojaboon- en oliekoek is nie en dat dit be-

ter of gelykstaande aan Argentynse soja-

boonkwaliteit is.

Waar kwaliteit ter sprake is, kan dit in twee

groeperings opgedeel word, waarvan die

eerste die fisiese kwaliteit van oliekoek is,

wat parameters soos proteïen (46% mini-

mum), vet (2% maksimum), vesel (4%

maksimum) en vog (12%), asook deeltjie-

grootte insluit.

Die tweede gedeelte is verwerkings-

kwaliteit, wat die volgende insluit: Pro-

teïendispergeerbaarheidsindeks

(

protein

dispersibility index

– PDI), KOH proteïen-

oplosbaarheid (KOH

protein solubility

z– KOH PS),

trypsin inhibitor activity

(TIA-A)

en

reactive lysine

. Volgens dr Briedenhann

voldoen die plaaslike oliekoek aan dié ver-

eistes en is daar geen rede waarom dit nie

gebruik kan word nie. In Suid-Afrika is die

pluimveebedryf die grootste verbruiker van

oliekoek.

As die verwerkingsmark self bestudeer

word, is die toegewyde sojaboonperskapa-

siteit 1,46 miljoen ton, waarvan slegs

880 000 tans gebruik word. Volvetsojaver-

werkingskapasiteit is ongeveer 160 000 ton,

waarvan 140 000 ton tans gebruik word.

Verwerkingsaanlegte wat beide sojabone

en sonneblom kan pers, bied ‘n verdere

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

Grafiek 1: Voorraadvlakke en pryse van sojabone.

Bron: SAGIS, Graan SA