Previous Page  57 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 57 / 84 Next Page
Page Background

55

May 2018

AKTUEEL

Fotokompetisie

Die heel beste plekke

om foto’s te neem

M

et die tema van vanjaar se fotokompetisie, Simbiose,

is ywerige fotograwe uitgedaag om anders te dink oor

die natuur. Indien jy lus het vir ‘n opwindende foto-

bestemming, kan jy gerus ‘n besoek aflê aan een van

Villiers Steyn, fotograaf van die tydskrif,

Weg

, se top vyf-fotobestem-

mings in Suid-Afrika:

Naby Nigel, Gauteng, is ‘n voëlparadys, die

Marievale Voël-

reservaa

t, wat tussen myne en kragdrade geleë is. Hier word

meer as 280 voëlspesies in ‘n klein reservaat aangetref. Vir die

geduldige fotograaf sal een van die vyf voëlskuilings die ideale

wagplekkie wees vir ‘n wenfoto.

As die geskiedenis jou inspireer, is die

Mapungubwe-park

, ‘n

wêrelderfenisterrein van Unesco, ‘n besoek werd. Volgens Steyn

sal jy nêrens anders suid van die Limpoporivier só ‘n kombina-

sie van sandsteenrotse, reuse kremetarte en eindelose uitsigte

kry nie.

Die

Kruger Nasionale Park

moet natuurlik op dié lys wees.

Olifantskamp is volgens Steyn die plek waar fotograwe se asem

weggeslaan word. Hy noem dat reuse-krokodille, sowel as wa-

tervoëls soos die saalbekooievaar en reiers van die Olifantsri-

vierbrug af waargeneem kan word.

Indien jy in die

Kosibaai-distrik

kuier, is daar

antieke visfuike

wat al langer as 700 jaar deur die Tonga-bevolkings in stand

gehou word. Dit is van hout, riete en gevlegte palmblare aan-

mekaar gesit en ontwerp om net vis van ’n sekere grootte te vang

– die kleineres kan ontsnap.

Kies koers

Pilanesberg

toe as jy die Groot Vyf met ‘n lens wil

skiet. Dié diverse habitat gaan verseker dat jy kan spog met jou

foto’s van luiperds, swartrenosters en vele meer. Daar is ook ver-

skeie skuilings vanwaar jy die diere en voëls kan dophou.

Bron

https://www.netwerk24.com/Weg/Fotografie/5-lekkerste-fotoplekke-in-

sa-20160808.

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Die klein slakkie wat ‘n roosgeurige soetig-

heidjie geniet, het aan Charlotte Pistorius

van Nigel die eerste plek van R1 500 in die

Maart-kompetisie besorg.

As ‘n man dors is, maak jy ‘n plan! Ezelle Harmze van Bultfontein

het dié tikkie natuurhumor op die plaas raakgeloop en besluit dit

pas perfek in by die kompetisietema.

In die derde plek is Claudi Lourens van Frankfort se foto getiteld,

“Sampioene groei welig in beesmis” – ‘n bewys dat iets wat

aardig klink, in die natuur as fotogenies gesien kan word.

2

de

3

de

Renette van der Merwe van Kockspark se treffende foto, “Lekker

soet geur” wat die simbiose tussen ‘n skoenlapper en ‘n baakhout

(

bottlebrush

) uitbeeld, besorg aan haar die eerste prys van R1 500

in die April-kompetisie. Dié foto is op die plaas, Tygerfontein, in die

Vredefortkoepel geneem.

WENFOTO

VIR APRIL