Previous Page  48 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

46

Aardjie

na sy

vaartjie

M

okolo is ‘n nuwe LNR-Klein-

graan-koringkultivar wat vir

droëlandproduksie in die somer-

reënvalgebied vrygestel is.

okolo is uit Matlabas ontwikkel en is net

soos sy voorganger uitstekend aangepas

vir uiteenlopende produksie-omgewings.

Matlabas behaal reeds oor verskeie seisoene

heen uitstekende graanopbrengste.

Volgens die LNR-Nasionale Kultivarproewe

se gemiddelde opbrengs tussen 2014 tot

2017, beklee Matlabas tans onderskeidelik

die tweede en derde plek in die Noordwes

Provinsie en Oos-Vrystaat.

Net soos Matlabas, benodig Mokolo ‘n be-

duidende sarsie koue-eenhede om vanaf

die vegetatiewe na reproduktiewe fase oor

te skakel en word dit vir vroeë aanplanting

aanbeveel. Alhoewel laat aanplantings

toenemend deur koringprodusente in die

Vrystaat toegepas word, neem die risiko-

faktor met dié praktyk ook toe deurdat

kwynende grondvog ontkieming en saai-

lingontwikkeling laat in die plantseisoen kan

belemmer.

Die teenkant is ook waar, omdat vroeë

aanplantings ‘n aansienlike groter premie

op die koringprodusent se bestuursvernuf

plaas. Noodsaaklike aksies ten opsigte van

somergewasse moet op datum wees en

koringlande moet voorberei wees sodat

vroeë plantery in Junie kan begin.

‘n Interessante tendens wat in die

2017-seisoen in die Wesselsbron-omgewing

voorgekom het, was hoë temperature aan

die einde van die herfs, wat vroeg in die

winter deur snerpende koue opgevolg is. Dit

het veroorsaak dat die meeste inskrywings

van die vroeë plantdatum in die teelproewe

duidelike wit are met aarverskyning gehad

het (

Foto 1

).

Hierdie are was meestal steriel, wat

gevolglik daartoe gelei het dat opbrengste

uiters swak was. Wat wel opmerklik was, is

dat die wintertipe-inskrywings, wat ‘n langer

groeiseisoen benodig, aansienlik minder as

die intermediêre groeiers deur die hitte en

koue beïnvloed was.

Die rede hiervoor is nie heeltemal duidelik

nie, maar het waarskynlik daarmee te

doen dat sensitiewe groeistadiums van dié

inskrywings buite die tydperk waarin die

hitte en koue voorgekom het, geval het.

Agronomie en kwaliteit

Mokolo se uitloopweerstand is in 2017

geklassifiseer as “goeie” weerstand met ‘n

gemiddelde uitloopwaarde van 3,3. Hierdie

kultivar beskik, net soos Matlabas, oor ‘n

lang koleoptiel met ‘n gemiddelde lengte

van 108 mm en hoë saadontkieming van

90%.

Evaluering van Mokolo se geelroesweer-

stand, wat in 2017 deur die Universiteit van

die Vrystaat by Greytown gedoen is, dui op

goeie weerstand wat gewissel het tussen

10R (vroeë seisoen) en 20R (laat seisoen).

Mokolo het variërende weerstand teen

Russiese koringluisbiotipes en beskik slegs

oor weerstand teen RWASA1 en RWASA3,

maar nie teen RWASA2 en RWASA4 nie.

Broodbakkwaliteit van Mokolo voldoen

aan die vereistes wat deur die plaaslike

meulenaars en bakbedryf in Suid-Afrika

voorgeskryf word en dié resultate is in 2018

deur die SA Graanlaboratorium bevestig.

In 2017 was daar wel ‘n besorgdheid oor

die hoë farinostabiliteit en alveosterkte van

Mokolo, wat aanleiding kon gee tot sterker

deeg en gevolglike langer deegmengtye. Dit

het egter steeds binne die grense van die

aanvaarbare norme geval.

Opbrengspotensiaal

Opbrengste van Mokolo in die Oos-

Vrystaat sedert 2014 toon duidelike oor-

eenstemmings met Matlabas en bevestig

dat hierdie kultivar beter by ‘n vroeë

plantdatum aangepas is en as ‘n wintertipe

koring geklassifiseer kan word.

Graanopbrengs in 2016 by die laat aan-

planting dui egter aan dat Mokolo moontlik

minder koue-eenhede as Matlabas benodig

ten einde oor te skakel na die reproduktiewe

fase (

Grafiek 1

). Een van Mokolo se primêre

kenmerke is groter are met meer pitte, wat

die potensiaal inhou vir hoër opbrengste

onder gunstige toestande.

Die kultivar se inkomste per hektaar-

rangorde, wat bepaal word volgens die

graanopbrengs en graad (proteïeninhoud,

hektolitermassa en valgetal) per hektaar, is

ook uiters belowend. Graanopbrengs alleen

skep soms ‘n vals indruk van ‘n kultivar se

potensiaal, aangesien dit dikwels negatief

met veral proteïeninhoud korreleer. In

teenstelling hiermee, skets inkomste per

hektaar-rangorde ‘n beter geheelbeeld om-

dat die drie primêre graderingsparameters,

naamlik proteïeninhoud, hektolitermassa en

valgetal, daarby ingereken word.

Mokolo se inkomste per hektaar-rangorde,

bereken by ‘n vroeë plantdatum in die

teelproewe van die Oos-Vrystaat, vergelyk

bevredigend met die toppresteerders uit

die Nasionale Koringproewe van 2017

OP PLAASVLAK

Saad

Produk-inligting

DR ROBBIE LINDEQUE,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

Grafiek 1: Opbrengsvariasie van Mokolo by vroeë en laat aanplantings (2014 tot 2017).