Previous Page  51 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 51 / 84 Next Page
Page Background

49

moontlike 462 000 ton se kapasiteit. Tans

is om en by 500 000 ton se kapasiteit vir

beide sonneblom- en sojaboonverwerking

wel onbenut. Die potensiële verwerkings-

kapasiteit van sojabone is dus bo 2 mil-

joen ton.

Dit is ook belangrik dat die lokaliteite van

die verwerkingsaanlegte en die lokaliteit

van die vraag na oliekoek in ag geneem

moet word in die vraag-en-aanbodsituasie

van sojaboonoliekoek. Onderskeidelik 21%

en 8% oliekoek word in die Wes-Kaap en

Oos-Kaap verbruik, wat beteken dat dié

gebiede sterk met ingevoerde oliekoek

kompeteer. Die oneffektiewe vervoerstelsel

veroorsaak dat dit ‘n uitdaging vir

binnelandse oliekoek is om met ingevoerde

oliekoek te kompeteer.

Die bestaande plaaslike vraag na sojabone

word verder verlaag deur een groot vee-

voermaatskappy wat steeds van ingevoerde

sojaboonoliekoek gebruik maak. Die

totale invoere van sojaboonoliekoek het

die afgelope seisoen 590 916 ton beloop,

wat gelykstaande is aan 777 521 ton se

sojabone. Bykomend hiertoe, is die verlies

aan vraag na voer weens die hoeveelheid

hoendervleis wat jaarliks ingevoer word.

Indien die kusgebiede se verbruik afge-

trek word, laat dit die huidige binnelandse

vraag op ongeveer 1,2 miljoen ton

oliekoek, terwyl tans net oor die

1 miljoen ton plaaslike oliekoek verbruik

word. As daardie addisionele invoere van

150 000 ton na sojabone omgeskakel word,

is dit in die orde van 200 000 ton. Neem in

ag dat die kusgebiede steeds oliekoek bly

invoer.

Dit is van kardinale belang dat plaas-

like veevoervervaardigers meer plaas-

lik moet begin aankoop en dat die

vervoerekonomie tussen die binneland

en die kus meer effektief benut moet

word. Sodoende kan die plaaslike vraag

van sojabone ‘n hupstoot kry.

Die afgelope paar seisoene is gesien dat

die groei in produksie in die westelike deel

van die land plaasgevind het en word gevra

of dit nie tyd is om verwerkingskapasiteit

in die weste te vestig om verligting in

voorraadvlakke te bied nie.

As surplusse nie vanaf die weste na die

huidige verwerkingsfasiliteite beweeg nie,

is dit moontlik die oplossing. Dalk is dit

die gepaste plek om die 200 000 ton bin-

nelandse invoeroliekoek te ondervang?

VERBRUIKER

HUIDIGE POTENSIAAL*

HUIDIGE VERBRUIK

Voer oliekoek

1 450 000

880 000

Voer volvet

140 000

140 000

Menslike verbruik

27 000

27 000

Wes- en Oos-Kaap

-420 000

Binnelandse potensiaal

1 197 000

1 047 000

TABEL 1: SOJABOONOLIEKOEKVERBRUIK.

* Potensiaal as veevoerverbruik op kapasiteit is. Dit is tans onder druk weens siektes en probleme en is op

1,2 miljoen ton

Bron: Dr Erhard Briedenhann

Nuwe rekord!

Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se

derde produksieskatting van somergrane sal die

sojaboonproduksie van 1 430 300 ton ‘n nuwe

Suid-Afrikaanse rekord wees, geproduseer op ‘n

rekordoppervlakte-aangeplant van 787 200 ha.

Bron: NOK derde produksieskatting