Previous Page  49 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 84 Next Page
Page Background

47

Blaar-, stam-, streep- en witroes is van die bekendste swaminfeksies

wat jaarliks onder koring waargeneem word. Alhoewel koring elke

jaar vir hierdie swamsiektes gespuit word, is dit voordelig as ‘n

kultivar ‘n matige weerstand teen bogenoemde swaminfeksies

het, aangesien minder bespuitings nodig is om die swaminfeksies

te beheer. Tredou is matig vatbaar vir blaar- en streeproes, maar

veldproewe het getoon dat die kultivar uitsonderlik vatbaar is vir

poeieragtige meeldou (witroes).

Die LNR is besig met die registrasie van Tredou as ‘n kultivar, soos

beskryf in die Wet op Plantetelersregte en dit is onseker wanneer

saad beskikbaar sal wees.

Enige navrae ten opsigte van die beskikbaarheid van

saad, kan gerig word aan dr André Malan by 058 307

3446 of

MalanA@arc.agric.za .

Agronomiese kenmerke van Tredou.

1: Steriele are in die Wesselsbron-teel-

proewe, 2017.

Het jy geweet?

Mokolo is ‘n Tswana woord en beteken “diep en donker”. Die Mokolorivier ontspring in die Waterberge van Limpopo

en vloei parallel aan die Matlabas, verby die dorpie Vaalwater. Na dit deur die Mokolodam en ‘n ravyn gevloei het, sluit

dit by die Limpoporivier aan. Die Mokolorivier is in die Vaalwaterstreek ook bekend as die Mogol.

vir die vroeë plantdatum in die Vrystaat

(

Tabel 1

). ‘n Meer realistiese inkomste per

hektaar-rangorde sal in 2019 bereken kan

word wanneer Mokolo ook in die Nasionale

Koringproewe van die LNR ingesluit word.

Die huidige afwaartse druk op die ko-

ringprys gaan toenemend vereis dat

koringprodusente die produksie-omgewing

so noukeurig moontlik bestuur. Een van

die belangrikste faktore waaroor ‘n koring-

produsent moet besin, is watter kultivar(s)

die beste vir sy produksie-eenheid aangepas

is. Mokolo, met verskeie unieke eienskappe,

gaan grootliks hiertoe bydra en word ‘n

belangrike toevoeging tot die huidige

kultivarlys wat deur die LNR-Kleingraan

ontwikkel is. Saad sal waarskynlik oor twee

na drie jaar vir kommersiële produksie

beskikbaar wees.

Hiermee graag ook ‘n groot dankie aan die

navorsers by die LNR-Kleingraan, wat oor

die afgelope seisoene tot die ontwikkeling

van Mokolo bygedra het. Hartlike dank

ook aan die koringprodusente in die Oos-

en Noordwes-Vrystaat wat proefgrond

beskikbaar gestel het sodat Mokolo in

verskillende omgewings getoets kon word.

Navrae kan gerig word

aan dr Robbie Lindeque by

lindequerc@arc.agric.za

of

082 563 1553.

KULTIVAR

GRAAD

RANGORDE

POTENSIËLE INKOMSTE PER HEKTAAR (R)**

Kubetu

B1

1

10 080,00

Wedzi

B1

2

8 905,00

PAN 3198

B1

3

8 287,50

SST 3149

B1

4

7 980,00

Matlabas

B1

5

7 962,50

PAN 3161

B1

6

7 890,00

Mokolo*

B1

7

7 805,00

PAN 3111

B1

8

7 425,00

SST 317

B1

9

7 200,00

Kougas

B1

10

7 117,50

* Mokolo se inkomste per hektaar-rangorde is bepaal uit die LNR-Kleingraan se droëlandteelproewe vir die

Oos-Vrystaat in 2017 by ‘n vroeë plantdatum

** Inkomste is bereken volgens ‘n B1-prys van R3 500/ha voor inrekening van produksie-insette

TABEL 1: DIE POTENSIËLE INKOMSTE EN RANGORDE VAN MOKOLO BY ‘N VROEË PLANTDATUM IN DIE OOS-VRYSTAAT IN 2017.

May 2018

Nuw koringkultivar vir Wes- en Suid-Kaap

1