Previous Page  58 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 58 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

56

Gesoute saadman groet die bedryf

A

s ‘n jong gegradueerde, met ‘n BSc Agric-graad agter

sy naam, het mnr Willem Engelbrecht in 1975 die eerste

nasionale sonneblomkultivarevaluasieproewe in Suid-

Afrika geplant en in sy meer as 40 jaar in die saadbedryf het

hy homself gevestig as een van die land se voorste landboukundiges.

Engelbrecht het onlangs afgetree as bestuurder vir agronomiese

gewasse by Klein Karoo Saad, waar hy in die afgelope vyf jaar daarin

geslaag het om ‘n uiters suksesvolle mielieteelprogram te vestig en

‘n sojaboonproduksiereeks op die internasionale mark te plaas.

Sy liefde vir landbou is waarskynlik gekweek op die tabak- en

groenteplaas in die Magaliesburg-omgewing waar hy grootge-

word het. Hy het aan die Hoër Landbouskool Bekker gematrikuleer,

waarna hy sy BSc Agric-graad met Agronomie as hoofvak aan die

Universiteit van Pretoria verwerf het.

Na 18 maande diensplig het hy sy loopbaan by die Landbou Tegniese

Dienste – die voorloper van vandag se Landbounavorsingsraad

(LNR) – begin, waar hy die eerste nasionale sonneblomproewe

in Suid-Afrika geplant het. Toe hy in 1978 ‘n honneursgraad in

plantproduksie verwerf het, het hy hom daarna by Asgrow as

landboukundige aangesluit. Hier het hy ‘n uiters suksesvolle

sojaboon- en sonneblomteelprogram gevestig en is hy uiteindelik

bevorder na hooflandboukundige en verkoopsbestuurder.

In 1988 het hy ‘n internasionale Research Award of Exellence-

toekenning ontvang en die sojaboonkultivar A5409 geregistreer.

Hierdie kultivar is in die VSA omgewerk na Roundup Ready en dit

was die eerste Roundup Ready-kultivar wat in Suid-Afrika verbou is.

Die kultivar is tot onlangs nog bemark – bykans 30 jaar!

Nadat Asgrow besluit het om hulle saadafdeling te verkoop, het hy

hom by Sensako as nasionale verkoop- en bemarkingsbestuurder

aangesluit. Dit is egter by Pioneer Hi-Bred waar hy in die

bedryf naam gemaak het.

Hy vertel dat hy in 1992, nadat hy as ver-

koopsbestuurder vir Pioneer Hi-Bred begin

werk het, gevra is om ‘n kantoor in Suid-

Afrika te vestig. Nadat Engelbrecht ‘n kantoor

gevestig het, het hulle die eerste maatskappy

geword wat VSA-genetika na Suid-Afrika

inbring het. Kort daarna is hy as nasionale

bestuurder aangestel.

“Ons moes personeel aanstel en kan-

toorspasie soek. Ek onthou nog hoe

plaaslike telers ons afgeraai het

om VSA-genetika die land in

te bring. Op daardie stadium

het produsente tussen 7 t/ha

en 8 t/ha gestroop, maar met

die PHB 3394-kultivar wat

ons ingebring het, kon hul

tot 12 t/ha afhaal. Deesdae

stroop produsente tot

20 t/ha,” vertel hy.

As besturende direkteur by Pioneer HiBred kon Engelbrecht en sy

span uiteindelik daarin slaag om 29% van die markaandeel te verkry.

Hy skryf die besondere prestasie toe aan die span wat saam met

hom gewerk het.

“Ek glo as jy die beste mense aanstel, jy ‘n sukses van ‘n onderneming

kan maak. Na 20 jaar, toe ek die maatskappy verlaat het, het ons die

modernste saadverwerkingsfabriek en navorsingstasie in die land

gehad. Ons markaandeel het in die 20 jaar van 0% tot 29% gegroei.

Vandag gebruik al die saadmaatskappye Amerikaanse genetika in

kombinasie met Suid-Afrikaanse genetika om beter kultivars te teel,”

vertel hy.

Deur die jare het hy verskeie toekennings ontvang. Die eerste was

‘n internasionale toekenning wat hy in 1989 as navorser by Asgrow

ontvang het. In 2003 is hy weer beloon met ‘n internasionale

toekenning vir volhoubaarheid in landbou en sy bydrae om boerdery

in Suid-Afrika meer winsgewend te maak.

Hy het ook op verskeie rade gedien, onder andere as voorsitter van

die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasproduksie, waarvan hy ook

‘n ere-lid was. Hy het ook as die voorsitter van die Akkerboukomitee

van die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (Sansor) gedien.

Engelbrecht vertel dat hulle in die 1979/1980-seisoen ‘n rekordmie-

lie-opbrengs van 13,6 miljoen ton op 5,4 miljoen ha kon lewer.

“Ons kon verlede jaar weer ‘n rekord-opbrengs van 16,8 miljoen

ton op slegs 2,6 miljoen ha afhaal. Dit kan toegeskryf word aan

die feit dat laer potensiaallande omgeskakel is na weidings, beter

bewerkingsmetodes, beter bemesting, beter insek- en onkruidbeheer,

maar die grootste bydrae is die ontwikkeling van kultivars met

hoër opbrengspotensiaal. Die vrystelling van GMO-kultivars wat

stronkboorder- en Roundup-bestand is, het ‘n groot bydrae gelewer

om ons produsente meer winsgewend te maak,” sê hy.

Oor die saadbedryf se pad vorentoe sê hy Suid-Afrika slaag daarin

in om des te meer kompeterend in die wêreldmark te word. “Daar is

geweldige vordering wat navorsing in genetika betref en die fokus

is op hoër opbrengste. Nuwe geneties-gemanipuleerde organismes

(GMO’s), wat onder andere bestand is teen die kommandowurm,

word tans getoets. Genetika wat droogteverdraagsaam is en minder

water benodig, word oorweeg. Daar word voortdurend gepoog om

vir die produsent ‘n hoër opbrengs met minder insette te gee.”

Met sy aftrede beplan Engelbrecht om langs die Magaliesrivier in

die Hekpoort-omgewing op hul familieplaas te boer. “Hier het ek

sojabone en weiding soos raaigras, hawer en gars geplant en boer

ek met Bonsmaras en Nooitgedacht-perde.”

Diegene wat hom as die prysprofeet ken, hoop egter dat

Engelbrecht sal aanhou om voorspellings oor die komende mielie-

oes te maak. Wie sal vergeet hoe hy in 2010 ‘n mielieprys van

R2 000/ton voorspel het? ‘n Groot aantal mense het geglo dat dit

onmoontlik was en tog het die prys kort daarna R2 800/ton behaal.

So tussen die boerdery en aftrede deur gaan hy steeds konsulteer

en is Engelbrecht se ervaring en kennis daarom nie vir Suid-

Afrikaanse landbou verlore nie.

AKTUEEL

Profiel

VALERIE CILLIERS,

SA Graan/Grain

medewerker

Willem Engelbrecht het destyds, as deel van Pioneer Hi-Bred, van die eerste VSA-genetika na

Suid-Afrika gebring. Vandag gebruik al die saadmaatskappye Amerikaanse genetika in kombinasie

met Suid-Afrikaanse genetika om beter kultivars te teel.