Previous Page  47 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 84 Next Page
Page Background

45

May 2018

OP PLAASVLAK

Saad

Nuwe koringkultivar vir

Wes- en Suid-Kaap beskikbaar

K

oring word beskou as een van

die belangrikste graangewasse in

Suid-Afrika, met ‘n jaarlikse ver-

bruik van ongeveer 3,2 miljoen

ton. Die beraamde koringproduksie vir die

2017/2018-seisoen was 1,48 miljoen ton

– 23% laer as die vorige seisoen. Daar sal

dié jaar na verwagting ongeveer 1,9 miljoen

ton koring ingevoer moet word om in

plaaslike verbruik te voorsien.

Die Wes-Kaap is nog altyd beskou as die

“broodmandjie” van Suid-Afrika en pro-

duseer ongeveer 50% tot 60% van alle

plaaslike koring. Koring se winsgewendheid

word egter al hoe meer bevraagteken,

hoofsaaklik vanweë die lae koringprys en ‘n

drastiese styging in insetkoste.

Produsente is gevolglik onder druk om

goeie opbrengste te behaal ten einde in-

setkoste te verhaal en ‘n redelike wins te

toon. Seisoene soos 2015 en 2017, waar

40% tot 50% minder as die verwagte oes

in die Swartland gelewer is, het beslis nie

gehelp nie en koringprodusente in die Wes-

Kaap is onder groot druk.

As daar na die toekoms gekyk word,

gaan die insetkoste van koring beslis nie

afneem nie en die enigste oplossing is dat

produsente beter opbrengste moet be-

haal. Gevolglik is die vrystelling van nuwe

hoëopbrengskoringkultivars van groot

belang om in die plaaslike verbruik te

voorsien, asook om dit ekonomies vir

produsente te regverdig om koring te

produseer.

In die verlede was die LNR-Kleingraan

nog altyd betrokke by die vrystelling

van nuwe, verbeterde koringkultivars,

maar die fokus het die afgelope paar jaar

verskuif na die vrystelling van uitsonderlike

hoëopbrengskultivars.

Daar moet ook in ag geneem word dat die

genetiese verbetering van koring maar

slegs ‘n gedeelte van die opbrengspotensiaal

van ‘n kultivar vorm en dat die omgewing en

bestuur (wisselboustelsel, bemesting en

onkruid-/swambeheer) van so ‘n kultivar ‘n

drastiese uitwerking op die finale opbrengs

wat verkry word, kan hê.

Die LNR streef gevolglik daarna om

kultivars te ontwikkel met verbeterde

opbrengspotensiaal, wat goed aangepas

is by ‘n wye verskeidenheid van omge-

wingstoestande – selfs droogte. Bykomend

word daarna gestreef om kultivars

vry te stel wat oor ‘n redelike vlak van

siekteweerstand beskik, asook oor die

nodige kwaliteitseienskappe soos vereis

word deur die bak- en maalindustrieë.

Met bogenoemde in ag genome, het die LNR

onlangs ‘n nuwe kultivar, Tredou, voorgelê

vir voorlopige vrystelling. Tredou is

‘n toevoeging tot die huidige reeks van

LNR-kultivars: Ratel, Tankwa en Steenbok.

Dit het ‘n medium- tot langgroeiseisoen en

voorlopige opbrengsproewe het getoon

dat dit oor ‘n beter opbrengspotensiaal as

sy stalmaats beskik. Verder beskik dit ook

oor goeie strooisterkte, pitvastheid en

uitloopweerstand.

Opbrengsproewe, wat alle beskikbare

kommersiële kultivars insluit, is die

afgelope twee jaar op verskeie lokaliteite

in die Swartland en Rûens geplant om die

aanpasbaarheid van Tredou by verskillende

omgewingstoestande te evalueer. Die

data het getoon dat die kultivar uitstekend

vir toestande in die Swartland en Rûens

aangepas is en dat dit uiters kompeterend is

met huidige beskikbare kultivars – selfs in ‘n

moeilike en droë seisoen soos 2017.

DR IAN HEYNS,

LNR-Kleingraan, Stellenbosch

Grafiek 1 en Grafiek 2: Opbrengsdata (t/ha) vir die Rûens en die Swartland vir die periode 2016 - 2017.

Kommersiële kultivars word as 1, 2 en 3 aangedui, aangesien die data nie deur die Nasionale Kul-

tivarevalueringskomitee geverifieer is nie.

Produk-inligting

Rûens

t/ha