Previous Page  21 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 21 / 84 Next Page
Page Background

19

May 2018

Indien ‘n gedetailleerde begroting jaarliks opgestel word, probeer

uitvind waarom die afwykings voorgekom het. Stel vas waarom

produksie nie met die grondpotensiaal korrespondeer nie – wat is

die rede daarvoor en hoe kan dit reggestel word?

‘n Oor-optimistiese begroting kan ook ‘n probleem wees. Let ook op

of daar nie dalk ‘n bemarkingsuitdaging is nie. Daar kan legio redes

wees waarom ‘n boerdery in ‘n finansiële krisis beland het. Faktore

soos ‘n eenmalige droogte, skielike afname in kommoditeitspryse of

die uitbreek van ‘n siekte kan die verwagte inkomste drasties verlaag.

Hierdie verlaagde inkomste kan tot oorlaatskuld aanleiding gee

en veroorsaak dat ander verpligtinge nie nagekom kan word

nie – wat die finansiering vir die volgende produksieseisoen kan

affekteer. Finansierders is gewoonlik bereid om produsente in sulke

omstandighede, binne perke, by te staan, mits daar aangedui kan

word wat gedoen gaan word om volhoubaarheid te verseker.

Indien die rede vir die finansiële krisis meer lang termyn van aard

is, byvoorbeeld ‘n langtermyndroogte, lang tydperk van swakker

pryse of verkeerde finansiële besluite wat in die verlede geneem is,

mag ‘n ander benadering soos die verkoop van bates nodig wees. Die

produsent sal die boerdery opnuut moet beoordeel en herbeplan.

Beplan strategies

Dit is belangrik dat almal in die besigheid moet weet waarheen dit

op pad is. Bestuur moet die strategiese rigting en mikpunte waar-

binne die meeste besluite geneem moet word, aandui. Probeer om

hierdie strategiese beplanning nie alleen te doen nie. Betrek die hele

gesin en lig die noodsaaklike arbeiders ook in. Om ‘n onafhanklike

persoon of instansie soos ‘n landboubestuursdienste-afdeling te

betrek, sal verdere waarde tot so ‘n beplanning toevoeg.

Onthou om tyd en doelwitte aan die opgestelde plan te koppel en

dit te kontroleer. Dit sal ‘n bydrae lewer om die rigting van die

besigheid te toets en om die regte boerderyvertakkings te imple-

menteer. Maak jou krediteure ook deel van jou strategiese plan en

hou hul op hoogte van jou strategie en vordering.

Optimaliseer jou boerdery

Elke besigheid het gebiede waar die effektiwiteit en doeltreffendheid

verhoog kan word. Indien jy weet dat die boerdery beperkings het,

kan dit bestuur word. Indien die finansies ‘n beperking is, moet die

rentabiliteit van elke vertakking bereken word.

Die vertakking met die hoogste rentabiliteit moet uitgebou word

tot ander beperkinge die produksie stop of tot die fondse opdroog.

Indien daar ‘n oppervlaktebeperking in jou boerdery is, moet die

hoogste bruto marge per hektaar-vertakking verbou word tot óf al

die lande beplant is óf tot ander beperkinge produksie staak. Onthou

ook om die risiko van elke vertakking in aanmerking te neem.

Binne die verbouingstelsel moet ook geoptimaliseer word. Sien

toe dat jou praktyke optimaal is om winste te verhoog. Ondersoek

die effek van tegnologie om wins te verhoog en risiko te verlaag.

Presisieboerdery is ‘n bekende metode om wins te verhoog deurdat

kostes op die regte plekke aangewend word en die potensiaal van

die hulpbron ontsluit word. Soms is dit belangrik dat die hulpbronne

deeglik ondersoek word. Probeer om die lande gekarteer te kry,

skakel die laer potensiaal-gedeeltes uit en pas ander praktyke toe.

Bemarking

Die gebruik van die termynmark maak dit ook moontlik om die pryse

beter te bestuur en inkomste te verhoog – wees net bewus daarvan

dat dit tyd gaan vereis. Kundige personeel moet deel van jou span

word om produkte beter te bemark.

Om jou risiko’s te verskans, kan ook ‘n groot bydrae lewer.

Insetversekering en haelversekering moet oorweeg word om die

kapitaal in die boerdery te verskans.

TIPE BOERDERY

NA OES

VOOR OES

Besproeiing

45% - 50%

55% - 60%

Gemengde boerdery

30% - 35%

45%

Droëlandsaai (medium potensiaal)

25% - 30%

43% - 50%

Droëlandsaai (hoë potensiaal)

30% - 35%

60%

TABEL 1: MAKSIMUM SKULDLASVERHOUDINGSNORME.