Julie 2018
26
W
aar kom die nuwe P-riglyn vir mielieverbouing skielik
vandaan? En hoekom is die vorige riglyn nie goed
genoeg nie? Wat het dit genoodsaak om nou na iets
anders oor te skakel? Al hierdie vrae kan met reg
gevra word.
Ons weet dat die vorige riglyn, soos in die 2007-uitgawe van Fertasa
se
Bemestingshandleiding
vervat is, slegs aan die hand van die
grond se gemete P-vlak en die teikenopbrengs en toedieningspeile
voorgestel kan word. Alhoewel sub-optimale, optimale en bo-
optimale kategorieë in die breë binne die riglyn aangedui is, is die
grond se tekstuur of tekstuur-gekoppelde eienskappe nie in ag
geneem nie.
Bykomend strek hierdie riglyn ook net tot ‘n teikenopbrengs van
12 t/ha. Wat staan ons te doen indien ons ‘n teiken van 20 t/ha
begin oorweeg?
Oorsig oor navorsing
Ons weet dat daar vele verbeterings op die gebied van mielie-
genetika plaasgevind het. Die nuwe genetiese materiaal vervat
onder andere wyd-uiteenlopende groeiperiodes. Kort groeiers im
pliseer byvoorbeeld dat koue- en hitte-eenhede vinniger versamel
moet word. Die implikasie van ‘n korter groeiperiode behels verder
dat voeding en water oor ‘n korter vensterperiode opgeneem moet
word. Dit beteken dat indien P-voeding nie geredelik beskikbaar
is nie en die grond se voorsieningskapasiteit nie voldoende is nie,
die mielieplant ‘n P-tekort kan ervaar.
Soos ons weet, het hierdie P-tekort dan ‘n direkte negatiewe impak
op energie – en gevolglik opbrengs. Neem ook verder in ag dat die
opname van P deur plantwortels byna uitsluitlik (> 90%) deur die
proses van diffusie plaasvind. P beweeg dus oor ‘n afstand van
minder as 2 cm van ‘n sone met ‘n hoë konsentrasie (in die grond)
na ‘n sone met ‘n lae konsentrasie (in die plantwortel). P-opname
deur middel van die wortelkontak beslaan sowat 6%, terwyl
opname deur massavloei sowat 3% uitmaak (Barber, 1995). Ter
selfdertyd is die meeste P-bronne glad nie beweeglik in die grond
nie. Dit impliseer dat beter P-opname in assosiasie met hoër
P-konsentrasies plaasvind. P-bemesting moet daarom vir effektie-
we benutting in die wortelsone toegedien word.
Die behoefte aan innovasie ten opsigte van ‘n verbeterde P-riglyn
vir mielies het ‘n aanvang geneem nadat individue ongeveer 1996
bymekaargekom het om dié behoefte te bespreek. Indien ons in die
geskiedenis van gepubliseerde navorsing rondkrap, is dit geweldig
interessant om te sien hoe die lyn van “P-riglyn-evolusie”, of anders
gestel, die lyn vir die inwinning van kennis aangaande P-gedrag,
verloop het.
Volgens die geskiedenis is die
Handleiding vir mielieproduksie en
gebruik van die mielierekenaar
, deur Möhr gedurende 1974 (ook
1977) gepubliseer as deel van die Misstofvereniging van Suid-Afrika
se bydrae tot die bedryf.
Binne dié handleiding het Möhr grondkategorieë, naamlik rooi
gronde (soos Hutton), geelbruin gronde (soos Avalon) en turfgronde
(soos Arcadia), tesame met die ekstraheerbare P-inhoud van
die grond, in verband met die hoeveelheid P wat nodig sal wees
(toediening) om ‘n sekere teikenopbrengs te realiseer, gebring.
Vanuit verskeie NPK-bemestingsproewe (Möhr, 1972; 1975a) is die
graad van loging en klei-inhoud in die grondkategorie-indeling wat
gebruik is, ondervang.
Die graad van geloogdheid word gedefinieer as die basisstatus
(dus die som van Ca, Mg, K en Na) van die grond in verhouding
tot die klei-inhoud (Grondklassifikasiewerksgroep, 1991). Farina,
Mapham en Channon (1975) publiseer verwantskappe tussen grond-
bioklimaatstreke en mielie-opbrengs.
Nienaber en Groenewald (1979a en 1979b) bereken verwantskap
pe tussen optimale ekstraheerbare P-inhoud en mielie-opbrengs,
met inagneming van die graad van geloogdheid van die onderskeie
Avalon- en Hutton-gronde gebruik in die studie. In hierdie studie is
die gronde verdeel as min, medium en swaar geloog.
Vanuit verskeie studies deur Farina, Channon en Minnaar (1980),
Farina en Channon (1987) en Farina (1989) publiseer Farina, Manson
en Johnson (1993) P-optima-verwantskappe met die klei-inhoud
van gronde vir mielieverbouing in KwaZulu-Natal.
Navorsing oor P-gedrag het duidelik uitgewys dat die grond se
tekstuur sterk verband hou met P-gedrag in die grond en dat dit
‘n impak op aanbevelingsnorme behoort te hê. Die vorige riglyn,
soos vervat in die hersiene uitgawe van die
Bemestingshandleiding
van 2007, het dringende opgradering benodig. Die grootste
leemtes was dat klei-inhoud van gronde nie voldoende in ag geneem
is nie, grondmonsters van verskillende dieptes in berekeninge
saamgevoeg is en laastens is proewe waar kunsmis gebandplaas
en breedwerpig uitgestrooi is, saamgevoeg sonder om ‘n on
derskeid daartussen te tref (ook ten opsigte van grondmon
sternemingstegniek).
Die LNR-Instituut vir Graangewasse (deesdae die LNR-Graan
gewasse) in Potchefstroom het gedurende die laat 1980’s en vroeë
1990’s begin met ‘n projek genaamd “P-kalibrasie studies”. Proewe
is op verskeie lokaliteite gevestig, wat meestal uitlegte van stikstof-
en-fosfaat-kombinasies was.
Uiteindelik kon hierdie inligting, wat ongeveer 68 jaar se data
verteenwoordig het, saamgevat word in ‘n PhD-studie. Hierdie
studie (Schmidt, 2003) kon daarin slaag om ‘n verwantskap tussen
P-drempelwaardes (of optima) en slik-plus-klei-inhoud van gronde
vir mielieverbouing, daar te stel.
Dieselfde sterk verwantskap is met die graad van geloogdheid
gevind, maar om praktiese redes is besluit om gebruik te maak van
die slik-plus-klei-inhoud. Daar is duidelik bevind dat P-optima nie
slegs volgens gewasopbrengs daargestel kan word nie en ook nie
as standaardsyfers oor gronde heen nie, maar dat daar ‘n besliste
verwantskap tussen grondtekstuur en P-optima bestaan.
Wat jy moet weet
oor nuwe P-riglyne vir mielies
Fokus
Bemesting
Dr Chris Schmidt,
bestuurder: Landboukundige Dienste, Sidi Kunsmis