

Terugblik
Graan SA/Grain SA
Retha de Villiers (wederhelf van Graan SA se uitvoerende hoofbe
stuurder, Jannie de Villiers) het elke oggend die Netwerk 24
Vroueprogram met ‘n inspirerende geestelike boodskap geopen.
Dié twee kosredakteurs het mekaar in die kombuis behoorlik die
stryd aangesê. Arina du Plessis van
Landbouweekblad
en Herman
Lensing van
Sarie
het elk ‘n verrassingspakkie met bestanddele
ontvang waarmee hulle ‘n dis moes optower.
Die flambojante Rocco de Villiers se melodieuse komposisies en
interessante uitrustings het Oesdagbesoekers na die wit tent laat
stroom.
Die aktrise en komediant Marion Holm het tydens haar optrede die
gehoor behoorlik laat lag dat die trane rol. Soos wat sy in kleur en
geur verduidelik het: Dit is nie wat ander mense dink nie; dalk is dit
wat jý dink. “Dis in jou kop!”
Anet Jubelius (Jansenville), Sandra Muller (Uitenhage), Nela van
Rooyen (Jansenville) en Esther van der Linden (Hartswater) het
Marion se aanbieding vreeslik geniet en omtrent gelê van die lag
vir haar stories.
Sikkie Strauss (Welkom), Anita Nel (Brandfort), Karin Theron
(Moorreesburg) en Rooies Wessels (seremoniemeester tydens die
Vroueprogram) glimlag breed saam met Rocco de Villiers vir die
kamera.
Julie 2018
18
Vroueprogram sorg vir heerlike vermaak
...rekords wat spat!
Kyk uit vir nog NAMPO-foto’s in die volgende uitgawe van
SA Graan/Grain
.