14
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Koos en Ru-El de Wet (Hopetown) het ook van die heerlike
cappuccino’s wat die
baristas
by die ledelokaal bedien het,
kom drink.
Johannes Ralesekele (Ventersburg), Israel Motlhabane (Hoofbe
stuurslid vir Streek 31) en Vivian Phadime (Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye) gesels kopstukke oor boerdery
aangeleenthede.
Produsente van Rustenburg wat ook ‘n draai op NAMPO Park kom
maak het: Moeti Raborife, Isaac Masike en Philimon Baloi. By hulle is
Richard Krige (Hoofbestuurslid vir Streek 27).
Lede is op hoogte gehou van die jongste markverwikkelinge met die
vertoning van lewendige Safex-markinligting. Roselin Mphela,
Jerry Sefoloshe en Beauty Mathobela – almal van Groblersdal – het
kom kyk hoe pryse daar uitsien.
NAMPO Park is gróót en ‘n mens moet daardie moeë voete so ‘n
bietjie laat rus – en waar dan beter as by die ledelokaal? Danie van
Wyk (Wolmaransstad), Danny Viljoen (Leeudoringstad), Christopher
Swanepoel en Rudi Swanepoel (al twee van Wolmaransstad).
By NAMPO maak produsente veral van die geleentheid gebruik
om met verskaffers en medeprodusente te gesels. Voor: Heleen
en Cawood Crous (Viljoenskroon) saam met Hanco Steyn (Pioneer).
Agter: Johan en Corné Crous.
Julie 2018
...rekords wat spat!