

17
July 2018
Terugblik
Graan SA/Grain SA
VIA
se
Landbouweekliks
-span het ook op NAMPO gekuier. Aan-
bieder Ivor Price en Toit Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO en
Bemarking, Graan SA) het omtrent die park platgedraf om alles te
sien. Kyk gerus op
VIA
vir ‘n heruitsending van die NAMPO-insetsel.
Dié span niggies en nefies van Theunissen het NAMPO met hulle
draadkarre aangedurf: Dewandré Smith, Jahnru Janse van Rensburg,
Elrize du Plessis, Ruche Janse van Rensburg, Drétin Smith,
Handrus du Plessis en Anrich Janse van Rensburg.
‘n Saamrygeleentheid met die gholfkarretjies van die ledehek af
is nie te versmaai nie. Agter: Petri van der Merwe en Petrus van der
Merwe. Voor: Wikus Mostert en Bongani Zimu (wat Graan SA gehelp
het met die aanry van lede).
As die kleinkinders begin moeg raak, is die ledelokaal se stoep ‘n
heerlike asemskepplek. Agter: Chris van der Westhuizen en MG van
der Westhuizen (Vanrhynsdorp). Voor: Santie met Jenha en
Stefanie met Sihan op die skoot.
Die Oesdag is heerlik sentraal geleë en die ideale plek om
vriende te ontmoet. Jan en Chrisna Erasmus (Viljoenskroon),
Narisscia Erasmus en Rudolph Campher saam met Mabel
en Gerhard Campher (Pretoria).
Dirk Kotze, links, en Hailey Ehrenreich, middel, (albei van Graan SA)
saam met die Cheetahs-rugbyspan wat ‘n draai by die ledelokaal
kom maak het.
...rekords wat spat!