ႃႇ
HOOFSTUK 2
MINISTER GREYLING WENTZEL SE
INSTEMMING OM WEER NAMPO-LEDE
OP DIE MIELIERAAD AAN TE STEL, HET
IN ’N KAT-EN-MUISSPELETJIE ONTAARD,
WANT NAMPO MOES VIR ELKE POS TWEE
PERSONE NOMINEER EN DIE MINISTER
HET DAN BESLUIT WIE VAN DIE TWEE HY
AANSTEL. NAMPO HET TOE AS EERSTE
KEUSE DIE PERSONE GENOMINEER WAT
VOORHEEN UIT DIE RAAD BEDANK HET,
MAAR DIE MINISTER HET DIE ANDER
PERSONE (NA WIE LIGTELIK IN NAMPO-
GELEDERE AS DIE
TACKIE TEAM
VERWYS IS) AANGESTEL. BY DIE
VOLGENDE NOMINASIEPROSES HET
DIESELFDE BYNA WEER GEBEUR. DIT
HET EEN VAN DIE LEDE, MNR HENNIE DE
JAGER, IN ’N MOEILIKE POSISIE GELAAT
OMDAT HY TEGELYKERTYD VOORSITTER
VAN DIE MIELIERAAD SOWEL AS NAMPO
WAS. OM DIT OP TE LOS, IS TOE GEREËL
DAT DE JAGER AS VOORSITTER VAN DIE
MIELIERAAD EN ONDERVOORSITTER VAN
NAMPO SOU DIEN, MET MNR BOETIE
VILJOEN AS VOORSITTER VAN NAMPO EN
ONDERVOORSITTER VAN DIE MIELIERAAD.
Die destydse Mielieraad-voorsitter, mnr Hennie de Jager, het opgemerk dat hy die
wegbeweeg van ’n beheerliggaam na ’n bemarkingsliggaam bemerk het, hoewel
hy van mening was dat die Mielieraad altyd ’n integrale deel van die industrie sou
bly en ’n sleutelrol in die oplossing van bemarkingsprobleme sou speel. In 1987,
na die heraanstelling van NAMPO-lede op die Mielieraad, het dit dan ook finaal ge-
realiseer toe die ooreenkoms met die Minister van Landbou bereik is waarvolgens
die basis vir vasstelling van die produsenteprys verander is.
Daardeur is die Mielieraad in wese verander vanaf ’n beheerraad na ’n bemar-
kingsraad met markgerigte pryse, risikoverskansing, produkbevordering en
marknavorsing as uitgangspunt. Die bemarking van mielies is verander na ’n
eenkanaalpoelstelsel waarvolgens binnelandse pryse bepaal is deur die verskil
tussen die Mielieraad se bedryfskoste en die opbrengs uit verkope. Dit was waar-
skynlik die eerste duidelike beleidsverandering op die pad na deregulering, wat
met die inwerkingtreding van die Wet op Bemarking van Landbouprodukte van
1996, ’n werklikheid sou word.
By die bepaling van die produsenteprys in die nuwe bedeling moes die Mielieraad
die verwagte binnelandse vraag en aanbod in berekening bring, tesame met die
koste en opbrengs van mielie-uitvoere. Die produsenteprys is verkry deur die netto
opbrengs van die oes te deel deur die verwagte aanbod. Alle mielies is verpoel en
Klankgreep: Tyd vir humor was daar altyd. Die
jonger manne moes instaan met die vasstel-
ling van die jongste mielieprys terwyl die ring-
koppe op ’n oorsese Mielieraad-studietoer was
– mnr Vic Mouton.