ႃႉ
HOOFSTUK 2
markinligting en die registrasie van produsente en kopers met die oog op bestuur
van heffings en insameling van inligting.
• Die Mielieraad kon mielies uit die uitvoerpoel vir binnelandse verkoop beskik-
baar stel op voorwaarde dat die gelande prys by die koper nie minder sou wees
as invoerpariteit plus R20/ton nie.
• Alle mielieprodusente en kopers moes by die Mielieraad geregistreer word.
• Daar sou geen beheer oor graansilo-eienaars uitgeoefen word met betrekking
tot die opberging van mielies nie en vergoedingstariewe vir opberging sou deur
ooreenkoms tussen die partye bepaal word.
• Produsente kon hulle mielies direk aan kopers verkoop en pryse is by ooreen-
koms tussen kopers en verkopers vasgestel.
• Daar was geen beperking op die koop en verkoop of selfs invoer van mielies nie,
onderhewig daaraan dat ingevoerde mielies aan sekere sanitêre en fito-sanitêre
standaarde moes voldoen.
• Produsente wat mielies in die uitvoerpoel gelewer het, het by lewering ’n voor-
skot per ton ontvang en na finale afhandeling van die poel is die surplus by wyse
van ’n agterskot op basis van tonne gelewer onder hulle verdeel.
MIELIERAAD/CBG-HOFSAAK
In 1994 het ’n aantal van die grootste mie-
liekopers (die
Concerned Buyers Group
– ook
genoem
Fat Cats
[sien spotprente hiernaas]
)
uit protes teen die hoë heffings ’n hofaansoek
geloods om sekere van die bepalings van die
Somergraanskema ongrondwetlik te ver-
klaar, tesame met ’n aansoek om ’n interdik
wat die Mielieraad sou belet om heffings op
sekere mielietransaksies te vorder. Die aan-
soek was onsuksesvol. Sodoende was “die
land se groot mieliekopers bereid om vir hul
persoonlike gewin die hele landboubedryf in
Suid-Afrika te ontwrig” (uit
Mielies/Maize
,
Januarie 1995).