Background Image
Previous Page  31 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 124 Next Page
Page Background

29

September 2017

GRAAN SA

“Ons wil graag die ekstra myl stap en ondersoek daarom tans die

moontlikheid om van ons produkverpakkings aan te pas om meer

prakties by die projek in te pas.”

“Hierdie projek is besig om mense se drome te bewaarheid,” aldus

me Carlin Fullard (bemarkingsbestuurder, SA Kalk & Gips). Die

maatskappy neem jaarliks talle tydelike werkers in diens om met

die verpakking van die projek se kalk te help.

Uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, mnr Jannie de Villiers,

het McPherson en haar span geloof vir hul passie, positiwiteit

en pligsgetrouheid. Die span ervaar die sukses van elke boer

persoonlik en hul trots kom so duidelik deur in hul kommunikasie

en administrasie.

"Graan SA se Ontwikkelende Landbouspan het ‘n gesonde platform

geskep om dié projek te kan hanteer. Hierdie platform is vir jare al

deur die verskillende graantrusts ondersteun," het hy gesê.

De Villiers het ook die Subsistence to Abundance-span geluk

gewens met hul onlangse skitterskoon ouditeursverslag.

Ek het tot die slotsom gekom dat daar voordele vir alle betrokkenes

by hierdie projek is. In kort:

Vir die boere

Toegang tot die beste insette teen drastiese verlaagde pryse;

toegang tot kundige mentorskap en opleiding;

verhoogde opbrengste per hektaar;

verbeterde voedselsekerheid; en

verhoogde inkomstepotensiaal.

Vir die sektor en insetverskaffers

‘n Addisionele mark vir die beste tegnologie;

deel in ‘n projek wat waarlik mense se lewens verander; en

die nakom van maatskaplike en sosiale verantwoordelikheid

sonder om alleen die risiko’s te dra.

Vir ons land

Optimale gebruik en verbetering van landbougrond;

verbetering van nasionale en huishoudelike voedselsekerheid;

‘n teenvoeter vir die ontvolking van die platteland;

stimulasie van die ekonomie in afgeleë landelike gebiede; en

verminderde afhanklikheid van welsynstoelaes.

Ek is oortuig daarvan en verstaan nou waarom die staat en groot

maatskappye met oorgawe betrokke is en wil bly by dié projek. In

teendeel, ek wonder nou: Hoe kan enige landboubesigheid bekostig

om nie betrokke by Subsistence to Abundance te wees nie?

Subsistence to Abundance

1: Samson Sibiya by sy pragtige mielies naby Hereford-Oos, afgeneem in

Januarie vanjaar.

2: Solomon Masango, trotse wenner van die 2015 Graan SA Nuwe Era Kommersiële

Boer van die Jaar-toekenning, vertel vir die groep dat mens nêrens kom sonder ‘n

duidelike visie en uiteindelike doel van wat jy wil bereik nie.

3: Albert Mazibuko het ‘n steunpilaar in sy gemeenskap geword en deel graag sy

boerderykennis, wat hy by die studiegroep bekom, met ander boere in die omgewing.

4: Eunice Hadebe kon vandat haar man oorlede is, nie haar kinders se skoolgelde

betaal nie. Vandat sy deel geword het van Graan SA se projek, betaal sy self vir al hul

studies en is daar nog geld oor.

5a en 5b: Lede van die Lijahasisu-studiegroep toets hul dorsmasjien. Die foto’s is in

Junie vanjaar geneem.

6: Nokwazie Nxumalo is ‘n trotse Graan SA-lid.

1

4

6

5a

5b

3

2