Background Image
Previous Page  33 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 124 Next Page
Page Background

GRAAN SA

Leersame sorghumdag gehou

‘n

Uiters geslaagde sorghuminlig-

tingsdag is gedurende Junie by

Willem Groothof (hoofbestuurslid

vir Streek 13) op Settlers gehou.

Dié dag is uitstekend deur produsente

bygewoon, wat getuig van belangstelling

in die gewas. Pannar, Agricol en K2Agri

het inligting van hulle onderskeie kultivars

aan die produsente deurgegee.

Produsente het ook die geleentheid gehad

om deur die proewe te beweeg. Daar was

effektiewe interaksie tussen Graan SA,

produsente en verteenwoordigers van die

saadverskaffers.

Na ‘n uitstekende sessie is daar heerlik

saam gekuier. Graan SA spreek sy dank uit

aan almal wat saamgewerk het om van dié

dag ‘n sukses te maak.

PETRU FOURIE,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA

1: Willem Groothof staan in die sorghumland op sy plaas waar die proewe aangeplant is en die inligtingsdag gehou is.

Hy is ook voorsitter van Graan SA se Sorghum-spesialiswerkgroep.

2: Hy het ‘n kort oorsig oor die huidige stand van die sorghumbedryf gegee, waarna elke saadmaatskappy die kultivars

in dié strookproef bespreek het.

3: Daar was uitstekende verteenwoordiging van die saadmaatskappye. Goeie samewerking tussen die saadmaatskappye is

noodsaaklik en dra by tot die sukses van die proewe. By die inligtingsdag was: Fanie Schutte (K2Agri), Willem Labuschagne

(Agricol), Sarel Smit (Agricol), Johannes Modutwane (Pannar), Nico Bouwer (Pannar), Karel Burger (Agricol),

Nico Barnard (Pannar), Willem Engelbrecht (K2Agri) en Anita Janeke (K2 Agri).

4: Graan SA personeel wat dié dag bygewoon het: Dr Hendrik Smith, Wandile Ngcamphalala, Michelle Mokone,

Petru Fourie en Corné Louw. Effektiewe interaksie tussen Graan SA, produsente en saadmaatskappye is noodsaaklik.

1

2

4

3