Background Image
Previous Page  14 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 124 Next Page
Page Background

AC van Wyk

Bultfontein

1: Abraham Cornelius van Wyk, oftewel AC, boer van kleintyd af en

het reeds in sy hoërskooldae self mielies geplant. Warmhoek het ‘n

lang geskiedenis en behoort sedert die familie se aankoms in 1841

aan die familie. Na ‘n leersame ervaring in Amerika, waartydens

AC op verskeie saaiplase gewerk het, het hy na die voltooiing van sy

BAgric (Hons)-graad by UOVS in 2001, voltyds op die familieplaas

begin boer. AC se pa, wat sterk bestuursgeoriënteerd was, het hom

nie as jongman teruggehou nie en sy liefde vir veral die saaiboer-

dery, het ‘n interessante reis van alles-selfdoen op grondvlak na sy

huidige meer strategiese rol tot gevolg gehad.

2: Die plaas het ‘n redelike eenvoudige struktuur, aangesien slegs

mielies geplant word. Die boerdery is voorts in proses om oor te

skakel na ‘n osboerdery. ‘n Driehoekige kruisstelsel is reeds vanaf

1972 gevolg en met geen speenkalwers wat verkoop is nie, is alle

nageslagte op die plaas gehou. Koeiseleksie is op grond van koei-

doeltreffendheid gedoen en na vele oorweging is die teelkudde in

Februarie vanjaar verkoop. Die eerste osse is onlangs ingekoop en

met ontledings wat daarop dui dat die entrepreneur se aanslag die

rentabiliteit op die osboerdery marginaal verhoog, vergeleke met

‘n goeie koeiboerdery. Daar is goeie sinergie tussen die saaiboer-

dery en osse wat kontantvloei en groei per os op oesreste en

veldweiding betref.

3: AC verbou tans mielies op ongeveer 6 000 ha, waarvan slegs

475 ha mielies-op-mielies was. Die oorblywende hektare is op

sonneblomlande van die vorige seisoen, op bygehuurde grondbone-

lande en op oorlêlande van 2015-mielies geplant. As gevolg van rus

of versuip van die huidige seisoenmielies, het helfte van die hektare

vrywater en die vooruitsigte vir 2018 lyk belowend. As gevolg

van goeie ondervog is die beplanning beslis om vroeg te plant. In

die Wes-Vrystaat kan mielies as monokultuurgewas winsgewend

aangeplant word sonder om die grond as hulpbron te benadeel en

is agronomiese volhoubaarheid agronomies haalbaar.

1

LEDE-LANDSKAP

2

3

September 2017

12