Background Image
Previous Page  17 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 124 Next Page
Page Background

15

September 2017

Visagie Boerdery

Porterville

1: Willem Visagie het in 1975 saam met sy pa

begin boer en het die boerdery in 1981, na sy

pa se afsterwe, oorgeneem. Sy seun, Hein,

het na verwerwing van sy BCom(Rek)-graad

aan Stellenbosch by die boerdery aangesluit.

Beide die Visagies is gebore en getoë op

die familieplaas, Jakhalskloof, wat vandag

die hoofsetel van Visagie Boerdery is. Met

aandele in Gideon Milling, waar ‘n groot

gedeelte van die boerdery se koring gemaal

word, asook ‘n aandeel in ECN Vervoer, wat

onder andere gebruik word om graan van die

silo’s na die meule te skuif, het die boerdery-

bedrywighede aansienlik uitgebrei.

2: Die Visagies verbou hoofsaaklik koring,

kanola, gars en hawer op ongeveer 3 500 ha.

Koring en kanola word in ‘n wisselboustelsel

op tweederdes en ‘n derde onderskeidelik

aangeplant, wat in ‘n siklus van drie jaar op

hoëpotensiaalgronde geroteer word. Gars

en hawer word op die mediumpotensiaal-

gronde aangeplant vir die maak van hooibale

en hawer word op die laepotensiaalgronde

vir weiding aangeplant. Die grondhulpbron

word bestuur deur alle moontlike hektare

aan te plant om sodoende oorhoofse koste

te minimaliseer. Verder word geen onnodige

bewerkings gedoen nie, wat die grond se

bolaag soveel as moontlik onversteur laat.

Ten tye van minimale onkruiddruk word

oesreste op die lande gelos en verdigting op

hoëpotensiaallande word voorkom deur vee

nie daarop te laat wei nie. Grondontledings

word drie-jaarliks gedoen, waartydens die

nodige plantvoedingstowwe reggestel word.

Die verbetering van die grond lei tot ‘n ver-

mindering in die frekwensie van diepplant-

bewerkings en nat lande word volgens die

rif- en voorbewerkingsmetode gedreineer.

3: Gewaskeuses word as gevolg van droë-

landomstandighede op Porterville beperk

tot koring en kanola. Hawer vir weidingdoel-

eindes en hooibale word slegs op marginale

gronde verbou vir die klein veekomponent.

75 ha is as eksperiment met brouersgars

onder kontrak verbou om die winsmarge

daarvan met koring te vergelyk. Gars is meer

droogtebestand as koring en kan op swakker

gronde verbou word. Gars kan ook as alter-

natief vir koring dien indien reënval as gevolg

van klimaatsverandering verminder.

4: Lande word met ‘n mespuntskaar geskeur-

ploeg (gerip) voor kanola-aanplanting om

sodoende diepte in die grond te verkry en

ploegbanke op te hef, indien nodig. As ‘n

gevolg, groei kanolawortels reguit afwaarts,

vergeleke met vorige 90°-dwarsgroei. Dieper

penetrerende wortels het beter waterop-

name en dreinering tot gevolg en verbeter

wortelvorming in koringverbouing in die

daaropvolgende jaar – wat sodoende tot

beter opbrengste lei. Alhoewel onkruidbe-

heer deur middel van brand toegepas word

waar koring op koringstoppel geplant word,

is die Visagies besig om die effek van onver-

steurde oesreste op onkruid en grondstruk-

tuur, indien enige, te bestudeer.

LEDE-LANDSKAP

1

2

3

4