Background Image
Previous Page  18 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

16

LEDE-LANDSKAP

5: Raaigras is weerstandbiedend in die omgewing en voor-opkoms-

chemikalieë is noodsaaklik. Waar lande skoon en vry van stoppel is,

verseker goeie beheer die verlaging van weerstand teen chemikalieë.

Geenbewerkingstandplanters word gebruik vir die minste versteuring

van die grond en om akkurate plasing van saad te verseker. Kunsmis

word terselfdertyd gebandplaas om sodoende plasing in die wortel-

sone van die plant te verkry. Lande word gerol om ‘n gelyke saadbed

te verkry en sodoende die oesproses te vergemaklik, aangesien daar

betreklik laag gestroop word om maksimum kaf te herwin. Presisie-

boerdery word tans nog nie toegepas nie, maar hulle beoog om tydens

die volgende seisoen oor te skakel na presisieboerderypraktyke in die

toediening van kalk en fosfaat. Volledige presisieboerdery is tans nie

koste-effektief op droëland, waar opbrengs van reënval afhanklik is nie.

6: Tekorte van kalk en fosfaat word volgens die grondontledings aange-

vul. Gewasbemesting word streng volgens landboukundige aanbe-

velings toegepas, met vloeibare kunsmis wat tydens die plantproses

toegedien word. Kanolalande word voor-planttyd met gips gestrooi,

wat ‘n bydrae lewer tot ontkieming en verbrakking. Die wisselbou-

stelsel is ‘n verdere manier om chemikalieë af te wissel, onkruid meer

doeltreffend te beheer en siektes te verminder. Die sterk kanolawortel

verbeter grondstruktuur, wat koringproduksie maksimaliseer. Die

veefaktor is hoofsaaklik uitgeskakel, aangesien die grond in die nat

wintermaande vasgetrap word as gevolg van die hoë klei-inhoud – wat

negatief inwerk op die opgeboude grondstruktuur.

7: Opbrengs bly die belangrikste faktor tydens kultivarkeuse, met die

meerderheid van gronde wat met bekende kultivars geplant word

– wat goeie opbrengste op die tipe grond realiseer. Nuwe beskikbare

kultivars word wel jaarliks geplant om opbrengspotensiaal op hul grond

te toets en hulle streef daarna om kultivars af te wissel om sodoende

nie dieselfde kultivar in die daaropvolgende jaar op dieselfde grond te

plant nie. Opbrengsmikpunte word realisties bepaal met vyf en tien jaar

gemiddelde. Proewe word beperk tot minimale toetsing van verskeie

chemikalieë, maar aangesien eie lugbespuiting gedoen word, is die

plant van proewe minder ideaal.

8: Visagie Boerdery se finansiële bestuur word op goeie beplanning en

volledige begrotings geskoei en vir volhoubaarheid bestuur. Sentimen-

tele boerderyvertakkings word vermy en slegs vertakkings met ten

minste 25% tot 30% inkomstegenerasiepotensiaal regverdig aandag

sonder om die hoofvertakking af te skeep. Daar word in twee vertak-

kings gespesialiseer en diversifikasie met verskeie kleiner vertakkings

wat aandag verg, word ten alle koste vermy.

9: Meganisasie word noukeuring bestuur en diensregisters, instand-

houdingsregisters en -ure word bygehou vir kontroledoeleindes om

herstelwerkkostes sodoende te monitor. Hoë instandhoudingskostes en

-ure is bepalend vir die vervangingsbeleid op masjinerie en die gebruik

van kontrakteurs word totaal uitgeskakel deur die boerdery se meer as

tien trekkers, drie spuite en vyf stropers.

10: Visagie Boerdery is daarop gefokus om volhoubaar te wees en

voedsel vir ‘n vinniggroeiende bevolking te produseer. Met genoeg

koring wat geproduseer word om Suid-Afrika vir een dag van brood

te voorsien, word besigheid met integriteit gedoen en voluit geboer.

Om volhoubaar te bly en die stormwaters van landbou te oorleef, vorm

positiewe denke, geloof en vertroue die basis van hul benadering om

die tradisie en trots van Visagie Boerdery te laat voortleef.

5

7

10

8

9

6