Background Image
Previous Page  15 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 124 Next Page
Page Background

4: Verminderde bewerking, met ‘n rip-op-die-ry en minimum stoppel-

versteuring, word toegepas. Ongeveer 60% word na-plant geskof-

fel en die besluit om 60 ha tot 70 ha per dag met een implement te

skoffel, word in die seisoen geneem. Ongeveer 25% van die hektare

kry topbemesting. Normaalweg kry heelwat lande voor-plantkunsmis,

word daarna geplant en topbemesting word op vier weke toegedien om

bemesting teoreties ideaal te versprei. In meer konserwatiewe seisoene

word die drie kunsmistoedienings na twee verminder.

5: Presisieboerdery word toegepas op ‘n 2 ha-ruitpatroon, wat chemies

geanaliseer en fisies gekarteer word, met variërende kalktoediening.

Met selfgeboude rippers word in drie rye geskeurploeg (gerip). Die

boerdery se kunsmisprogram is sterk gebaseer op ‘n balans tussen

teorie en wat in die praktyk werk. Eenvoudige gravitasie kunsmisbakke

word gevul met ‘n enkeltoediening van stikstof en fosfaat deur middel

van ‘n 16 ton-kapkar. As gevolg van die 1,8 m-rye word weerskante van

elke ry ge-

preplant

. In dwarsprofiele word egalige wortelontwikkeling

steeds waargeneem.

6: In teenstelling met die omgewing, word op 1,8 m-enkelrye geplant

– vergelykbaar met die Amerikaanse 30-voetstelsel en alhoewel AC al

voorheen nouer rye oorweeg het, het die noukeurige bestudering van

ander lande en chemiese toediening, dié besluit telkemale gekortwiek.

Hul spesifieke kultivarkeuse doen goed met die wyer rye, met ‘n moont-

like variëteit-verandering wat in die toekoms ‘n maklike skuif na

10 x 900’s kan regverdig. Kultivars word tans geselekteer volgens

opbrengspotensiaal – waarvoor goeie proefdata in die omgewing

beskikbaar is – uiteraard op grond van stabiliteit, siekteweerstand,

staanvermoë, beskikbaarheid en prys. Opbrengsmikpunte word streng

volgens historiese data, verteenwoordigend van die spesifieke land,

bepaal en natuurlike potensiaal volgens kartering, oorlêstatus,

vogstatus, onkruiddruk en potensiële waaiskade.

7: ‘n Wisselboustelsel word sedert 2013 nie meer gevolg nie, nadat

koring – in vaste rotasie – vir ongeveer tien jaar op ‘n kwart van die

lande met skitterende resultate vanuit ‘n agronomiese oogpunt

verbou is. Ongelukkig laat die winsgewendheid van koring veel te

wense oor en het die boerdery se operasionele kapasiteit groter

mielie-aanplantings bevorder. Mieliekultivarproewe, kunsmisproewe

en studiegroepproewe word op die plaas gedoen en die resultate met

medeprodusente gedeel. Aangesien ‘n oormaat inligting tussen al die

produsente wat proewe aanplant beskikbaar is, word kultivarkeuse ook

streng volgens historiese prestasie oorweeg. Die boerdery het min uit-

dagings wat plae en graad betref. Beheermaatreëls om springhaasrotte,

nagmuise en aalwurm onder beheer te hou, is voldoende.

8: AC se finansiële bestuur is daarop gebaseer om langtermyndoelwitte

te hê en om die korttermynhulpbronne en prioriteite tot so mate te

bestuur, dat hul langtermyndoelwitte algaande benader. Die boerdery

is sterk op groei ingestel en goeie bestuur is van kardinale belang. Kort-

en langtermynbeplanning word geskoei op inligting en stimulus wat

van medeprodusente verkry word – ver, naby en oorsee – asook leesstof

en ekskursies op die plaas en tussen lande. Volledige data en rekords

word as deel van die meganisasiebestuur bygehou en ingespan tydens

implemente se uur-beplannings. Daar is nie ‘n vaste vervangingsbeleid

ten opsigte van die boerdery se meganisasiekomponent nie, maar

nuwe toerusting word aangeskaf sodra ‘n ouer eweknie nie meer die

verlangde werkverrigting betroubaar kan handhaaf nie.

9: Arbeidsbestuur is hoog op AC se prioriteitslys en die drie plaas-

bestuurders deel in byna alle vlakke van besluitneming. Die arbeidsmag

neem verder deel aan gesprekke rondom praktiese uitvoering van take,

weeksbeplanning en werkstandaarde. AC maak staat op bestuurders se

insette ten opsigte van operasionele kapasiteit, haalbare doelwitte en

fisiese werksverdeling. As ‘n voorstander van georganiseerde landbou-

instansies, is AC ook voorsitter van die Grootpan Studiegroep tussen

Bultfontein en Hoopstad. Hy heg waarde aan gemeenskapsbetrok-

kenheid en steun skool-, mediese - en sport-inisiatiewe op die plaas en

omliggende dorpe.

10: AC beplan om op die medium tot lang termyn steeds op maksimum

groei te fokus, wat die grootste geleenthede vir beleidswysigings bied.

Sy bestuursfilosofie is verder gebaseer op balans – in beide natuur

en ekonomie. Met die vryheid om inisiatief onder die werkers as ‘n

integrale deel van sy bestuurstyl toe te laat, is AC vry om sy tyd meer

strategies aan te wend en entrepreneurskapmoontlikhede wat voordele

vir die boerdery inhou, wink op die horison. Hier is AC saam met sy

vrou, Lizelle en kinders Coenraad en Frané.

10

4

5

6

8

9

13

September 2017

7