33
September 2015
Grasse het baie klein sade en word mees-
tal in die boonste 5 cm van die grondop-
pervlakte aangetref. Waar geenbewerking
toegepas word, kan grasonkruide se getalle
vinnig toeneem. Kweekgras kan wel ook
ernstige infestasievlakke bereik waar geen-
bewerking toegepas word, maar gelukkig is
daar geen infestasies van kweekgras in die
proefpersele tot dusver waargeneem nie.
‘n Ander aspek wat onkruidgetalle bedui-
dend kan beïnvloed in bewaringsboerdery,
is wisselbou. Dit is dus opmerksaam dat
onkruidgetalle hoër is in geenbewerkte
behandelings waar gewasrotasie toegepas
word. Wisselbou, en dan veral waar twee of
meer gewasse afgewissel word, plaas ‘n be-
perking op die onkruiddoderspektrum wat
gebruik kan word in vergelyking met ‘n mo-
nokultuur-gewasstelsel. Dít moet produsen-
te egter nie afskrik om bewaringsboerdery
toe te pas nie. Uit die literatuur is dit duide-
lik dat onkruidgetalle afneem waar bewa-
ringsboerderypraktyke in die lang termyn
toegepas word, soos dan ook waargeneem
kan word met meeste van die onkruide in
die behandelingspersele. Alhoewel rooi-
uintjies veral in sekere persele waargeneem
is gedurende die afgelope seisoen, is die
infestasies kol-kol en is getalle nie deur be-
handelings beïnvloed nie.
Ná agt jaar se monitering is daar nie ‘n be-
duidende verskil in onkruidgetalle tussen
bewerkte en geenbewerkte monokultuur-
mieliebehandelings nie. Produsente word
aangeraai om wel wisselbou toe te pas om
sodoende ‘n bewaringsboerderystelsel in
die lang termyn te vestig (Grafiek 1). Dit wil
ook voorkom asof die onkruidspesie diversi-
teit (aantal verskillende onkruide) besig
is om af te neem oor seisoene, terwyl die
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
diversiteit steeds die laagste is in die mo-
nokultuur-mieliebehandelings waar konven-
sionele bewerking toegepas word.
Die grootste onkruidspesiespektrum kom
voor waar geenbewerking toegepas word
in ‘n gewasrotasiestelsel met drie verskil-
lende gewasse. Ná agt jaar is die onkruid-
druk in die bewaringsproefpersele steeds
hanteerbaar en word wandelende Jood- en
rooi-uintjiebesmettings fyn dopgehou en
vroegtydig beheer. Onkruide moet tydig
beheer word met na-opkoms onkruiddoders
wat meestal meer as een keer toegedien
moet word. Gerigte of kolbespuitings kan
ook gedoen word waar sekere onkruide,
soos byvoorbeeld grasse of uintjies, kol-
kol voorkom. Vir enige na-
vrae, kontak dr Elbé Hugo by
HugoE@arc.agric.za .Grafiek 1: Die verspreiding van sekere onkruide oor die afgelope vier jaar in vyf bewaringsboerdery-
stelsels in vergelyking met ‘n konvensioneel bewerkte monokultuur-mieliestelsel.
Mono = monokultuur en GB = geenbewerking
6
7
8
6: Kakiebos.
7: Klein kakiebos.
8: Porslein.
Patrone van onkruidpopulasies