Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid.
Suksesvolle onkruidbeheer in
Roundup Ready
®
-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte, soos
Monsanto se
Roundup PowerMAX
®
-produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram in mielies.
Roundup PowerMAX
®
:
•
Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte!
•
Waarborg gewasveiligheid!
•
Is reënvas binne een uur na toediening
–
effektiewe,
vinnige opname selfs onder ongunstige toestande!
Roundup PowerMAX
®
plaas jou in beheer.
Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur beveel
Monsanto aan dat Roundup PowerMAX
®
met ander
geregistreerde produkte gekombineer
moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.
Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200
of
customercare.sa@monsanto.com|
www.monsanto.co.zaRoundup PowerMAX
®
bevat glifosaat 540 g/
l
. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947).
Gebruik onkruiddoders op
’
n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik.
Monsanto, Roundup Ready
®
en Roundup PowerMAX
®
is geregistreerde handelsmerke
van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk,
Posbus 69933, Bryanston, 2021.
uppe marketing A12959/SAG-REV
Versprei deur:
Fieldweg 14 (Hv Birdstraat), Lilianton, 1459
Posbus 14418, Witfield, 1467
www.nulandis.com| Tel: 011 823 8000 | Faks: 011 826 7241
Beet Western Yellow virus
vanjaar opgemerk
G
edurende die afgelope seisoen is Agricol genader met
klagtes dat een van die kanolakultivars vertraagde groei
toon. Verskeie kundiges op kanola is genader om hierdie
probleem in diepte te ondersoek en moontlike antwoorde
te kry.
Die probleemlande is besoek en grondmonsters sowel as plantmon-
sters is geneem vir ontleding en evaluering.
Die algemene tendens wat geïdentifiseer is, is dat in die meeste
gevalle waar kanola vroeg geplant is, die probleem meer omvat-
tend was. Die koeler, klipperiger gronde het ook meer geneig om
die vertraagde groei effek te toon. Verbouingstoestande in die
areas waar die probleem voorgekom het, is gekenmerk deur vog-
tige toestande in April met planttyd, gevolg deur ‘n warmer en
droeër periode tydens Mei. Die hoër temperature tydens Mei sou
beslis die voorkoms van insekte en veral plantluispopulasies ver-
hoog. Daarna het uiterste lae temperature in Junie gevolg.
Daar is besluit om te toets vir verskeie siektes en nematodes wat
moontlik die waargenome simptome kon veroorsaak het.
‘n Australiese kanola-kenner, dr David Bowren, het uiteindelik tydens
‘n besoek aan Suid-Afrika die oorsaak van die probleem geïdentifiseer.
Dit simptome is hoofsaaklik toegeskryf aan die teenwoordigheid van
die Beet Western Yellow luteo virus of BWVY. Toetse wat deur die Uni-
versiteit van Stellenbosch gedoen is, het dit ook bevestig.
Die warm periode in Mei het, soos genoem, insekpopulasies laat
toeneem. Die hoofvektor van die BWVY-virus word aangedui as
die groenperskeluis. Hierdie plantluis neig nie om soos die koolluis
bo-op die blaar te sit nie, maar wel onder die blaar, wat natuurlik
aanvanklike waarneming bemoeilik.
Die saadbehandeling van vroeë aanplantings het waarskynlik op
hierdie stadium nie meer beskerming gegee nie en die kanola is der-
halwe geïnfekteer.
DIRK HANEKOM,
Agricol
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale