31
September 2015
infestasievlakke van sekere onkruide meer
bevoordeel om oorheersend voor te kom
tydens sekere seisoene (
Tabel 2
).
Internasionaal is daar al redelik baie navor-
sing gedoen oor die verskuiwing wat waar-
geneem word in sekere onkruidspesies
wanneer daar na geenbewerking oorge-
skakel word. Met bewerking word meeste
van die onkruidsade diep begrawe. By
geenbewerking lê die meeste onkruidsade
(tot 80%) slegs bo-op die grond.
Al word ‘n groot persentasie van onkruid-
sade deur predatore (voëls en knaagdiere)
van lande waar geenbewerking toegepas
word verwyder, bly onkruidbeheer egter
steeds ‘n uitdaging.
Onkruidgetalle is in die betrokke proefper-
seel vanaf die 2008/2009-seisoen gemoni-
tor, maar data van slegs die afgelope vier
seisoene word bespreek. Onkruidspesies is
tydens die laaste week in Januarie of eerste
week in Februarie van elke seisoen getel,
dit is dus die eerste opkoms (
flush
) van on-
kruide nadat daar geplant en onkruiddoders
met-plant toegedien is. Elke behandeling is
vier keer herhaal en onkruidgetalle weer-
spieël dus die gemiddeld tussen die vier
herhalings.
Die onkruidspektrum op die spesifieke
proefperseel het nie drasties verander oor
die seisoene nie, maar getalle van sekere
onkruide het wel tussen seisoene verskil.
Só byvoorbeeld is die hoogste getal ge-
wone misbredies tydens die 2013/2014-
seisoen aangeteken, terwyl jongosgras en
porslein se getalle die hoogste tydens die
2012/2013-seisoen was. Onkruidspesies,
soos groenhondebossie en kakiebos, het
egter geen verskille in getalle oor seisoene
getoon nie (sien
Grafiek 1
).
Sekere onkruidspesies kan egter drasties
toeneem waar bewaringsboerderypraktyke
begin word. Só het wandelende Jood erg
toegeneem tydens die 2011/2012-seisoen.
Wandelende Jood is ‘n moeilik beheerbare
onkruid aangesien dit bo- en ondergrondse
sade produseer. Dit kan ook met steggies
voortplant.
In die betrokke proefperseel het ons ook ge-
sukkel met infestasies wat laat in die seisoen
skielik ontkiem het en dan is daar weinig wat
gedoen kan word omdat die mielies en an-
der gewasse klaar in blom staan. Dit is ver-
blydend om te sien dat die betrokke onkruid
se getalle drasties afgeneem het oor die sei-
soene (Grafiek 1).
Volgehoue, effektiewe onkruiddodertoe-
diening wanneer onkruide steeds klein is, is
diebesteresepvirvolhoubareonkruidbeheer
in bewaringsboerderypraktyke. Ander on-
kruide wat ook probleme met toenemende
getalle skep, is veral grasse en uintjies.
Grasonkruide wat veral waargeneem is
in die bewaringsboerderybehandelings, is
jongosgras, beesgras en kruisvingergras.
BREËBLARE
GRASSE
ANDER
Gewone misbredie (
Amarathus hybridus
)
Jongosgras (
Eleusine coracana
)
Wandelende Jood
(
Commelina benghalensis
)
Kakiebos (
Tagetes minuta
)
Beesgras (
Urochloa panicoides
)
Rooi-uintjies (
Cyperus rotundus
)
Klein kakiebos (
Schkuhria pinnata
)
Kruisvingergras (
Digitaria sanguinalis
)
Groenhondebossie
(
Chenopodium carinatum
)
Withondebossie (
Chenopodium album
)
Olieboom (
Datura ferox
)
Dubbeltjie (
Tribulus terrestris
)
Porslein (
Portulaca oleracea
)
TABEL 2: SPEKTRUM VAN OORHEERSENDE SOMERONKRUIDSPESIES OOR DIE AFGELOPE AGT JAAR IN ‘N BEWARINGSBOERDERYPROEF OP
‘N LEEMSANDGROND.
5: ‘n Foto van die proefperseel.
5