FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
30
Patrone van onkruidpopulasies
in ‘n langtermynbewarings-
boerderyproef
T
ydens die 2008/2009-seisoen het
die LNR-Instituut vir Graangewas-
se (LNR-IGG) begin met ‘n lang-
termynbewaringsboerderyproef op
leemsandgrond (16% klei in die bogrond)
wat tussen Klerksdorp en Ventersdorp
geleë is.
Daar is nou al agt suksesvolle seisoene
agter die rug waartydens verskeie navor-
sers data insamel om die voordele en
sukses van bewaringboerdery te demon-
streer. In die proef is die riglyne gevolg wat
deur die Food and Agricultural Organisa-
tion of the United Nations (FAO) daargestel
is, naamlik dat minimum grondversteuring
of geenbewerking plaasvind (slegs tydens
plant-aksie), daar gepoog moet word om
soveel as moontlik grondbedekking te ver-
kry en dat daar ten minste met drie gewasse
gewissel moet word.
Hierdie bewaringstelsel word gesimuleer
met die behandelings waar voersorghum-
akkerbone-mielies en voersorghum-son-
neblom-mielies in wisselbou geplant word
onder geenbewerking. Daar is ook wel be-
handelings waar net twee gewasse geroteer
word, naamlik mielies met akkerbone of
sonneblom onder geenbewerking.
Twee behandelings waar mielies in mo-
nokultuur geplant word, met gewone kon-
vensionele ploegbewerking en mielies in
monokultuur onder geenbewerking, vorm
ook deel van die proef.
In
Tabel 1
is ‘n kort opsomming van die
totale reënval en ook die gemiddelde mak-
simum temperature vir die afgelope ses
seisoene. Die laagste reënval is tydens die
2011/2012-seisoen aangeteken, terwyl die
hoogste reënval vir die afgelope seisoen
aangeteken is.
Dit is egter misleidend aangesien die ver-
spreiding van die reënval baie swak was.
Die afgelope seisoen is ook gekenmerk
deur die hoogste maksimum temperature.
Omgewingstoestande, veral reënval en die
verspreiding daarvan, het ‘n groot invloed
op onkruidgetalle en kan die kieming en
SEISOEN
GEMIDDELDE TEMPERATUUR
(MAKSIMUM) (°C)
TOTALE REËNVAL (MM)
2009/2010
25,1
663
2010/2011
25,1
600
2011/2012
26,2
401
2012/2013
26,4
541
2013/2014
26,2
609
2014/2015
27,0
693
TABEL 1: TOTALE REËNVAL EN GEMIDDELDE MAKSIMUM TEMPERATURE VIR DIE AFGELOPE
SES SEISOENE.
ELBÉ HUGO,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1: Beesgras.
2: Dubbeltjie.
3: Groenhondebossie.
4: Jongosgras.
1
2
3
4