27
Welcome to our team!
Julius Motsoeneng was appointed as farmer development co-ordinator
for the Taung area. Julius completed his MSc Agriculture (Soil Science)
degree at the University of Limpopo in 2013. Before joining Grain SA,
Julius was a lecturer in Soil Science at the Taung Agricultural College.
He was also a soccer coach and introduced rugby at the college. His
hobbies are music, sport, travelling and studying. We would like to
welcome him to the Grain SA team!
CORETHA USHER,
HR officer: Grain SA
op verskeie plekke en groot waardering vir sy innoverende denke
wat ons help om op hierdie nuwe pad te kom. Baie dankie vir
die waardes wat julle as gesin met toewyding uitleef,” het
mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) gesê.
Die aand se formele verrigtinge is afgesluit met ‘n blyk van waar-
dering aan ‘n langtermynvennootskap met Monsanto, wat met
hul ondersteuning die funksie moontlik gemaak het. Gaste is be-
newens die wonderlike aand, ook die oggend met ‘n begeleide toer
deur die Monsanto-saadaanleg by die Thobontle-verwerkingsfasili-
teit geneem.
Mnr Kobus Steenekamp, besigheidsbestuurder van Monsanto SA,
het gesê dit is ‘n besonderse voorreg om deel te wees van die
suksesvieringe van Graan SA. “Positiwiteit is vir ons baie belang-
rik en daarom assosieer ons met Graan SA. As jy positief is en ‘n
passie het, sal jy suksesvol wees, want jy is net so goed soos die
doelwitte wat jy stel,” het Steenekamp mee afgesluit.
Langdienstoekennings is ook tydens die geleentheid aan personeel
van Graan SA oorhandig. Spesiale vermelding moet gemaak word
van mnr Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA)
wat hierdie jaar reeds 20 jaar by die organisasie is.
1: Jaap van der Westhuizen het sy opregte dank uitgespreek teenoor
Graan SA en die voorreg om aktief die sorghumbedryf te dien. Sy
vrou, Lindie (heel links), het ‘n spesiale woord van dank gekry vir haar
ondersteuning. Louw Steytler (middel), voorsitter van Graan SA, het
die toekenning oorhandig.
2: John Rankin het Graan SA ten diepste bedank en genoem dat hy die
organisasie nooit sal vergeet nie. Hy is hier afgeneem saam met sy vrou,
Anette, en Louw Steytler.
3: Andries en Karen Theron het hul toekenning by Jannie de Villiers
(heel regs) ontvang. “Dit is ‘n uitdaging om deel te wees van ‘n orga-
nisasie soos Graan SA en al wonder ons baie of dit die moeite werd is,
is die besef altyd daar dat ons ‘n verskil maak. Dit kan egter nie alleen
gedoen word nie – slegs as ‘n span,” het Andries in sy bedanking gesê.
4: Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA) spog met tien jaar diens
aan die organisasie en ontvang hier sy sertifikaat van Jannie de Villiers
wat hom bedank het vir hoë integriteit en lojaliteit.
5: Jane McPherson (bestuurder: Landbou-ontwikkelingsprogram,
Graan SA) het ‘n tienjaardienstoekenning ontvang en is geprys deur
Jannie de Villiers vir haar passie in alles wat sy doen. Jane het
Graan SA bedank vir die wonderlike geleentheid om die twee goed te
dien wat sy lief het: Landbou en die mense van Suid-Afrika.
6: Jerry Mthombothi (landbou-ontwikkelingskoördineerder: Graan SA)
het sy tienjaardienstoekenning ontvang en Jannie de Villiers
was vol lof vir die diens wat hy aan die produsente in Mbombela ver-
leen en die geweldige respek wat hy inboesem.
7: Stien le Roux (debiteure klerk: Graan SA) is vir 15 jaar diens beloon
en het haar toekenning by Jannie de Villiers ontvang. Stien het haar
dank uitgespreek vir die ongelooflike organisasie wat Graan SA is om
voor te werk.
8: Nico Vermaak het ‘n 20 jaar diens toekenning van Jannie de Villiers
ontvang, wat groot waardering uitgespreek het vir wat Nico se korpora-
tiewe geheue die afgelope 20 jaar vir die organisasie beteken het. Nico
het sy vrou en kollegas bedank vir die ongelooflike reis en wonderlike
ervaring.
9: Kobus Steenekamp ontvang ‘n spesiale erkenning van Louw Steytler
ter ere van die vennootskap.
10: Hoofbestuurslede en personeel in gelid tydens die Monsanto-
saadaanlegtoer op Lichtenburg.
11: Graan SA-personeellede: Stien le Roux, Nydia Odendaal en Christa
Herbst tydens die Monsanto-saadaanlegtoer.
9
10
11