September 2015
26
Passie, diens en
diep spore vereer
M
et ‘n motiverende boodskap wat handel oor leierskap en
‘n soliede konsep van “one-size-fits-one” het mnr Danie
Marais (besturende direkteur: NWK Beperk) die Graan SA
afskeidsfunksie vir uitgetrede hoofbestuurslede toege-
spreek op 28 Julie vanjaar, op Lichtenburg.
In sy boodskap aan Graan SA-hoofbestuurslede en -personeel, het
Marais die motiveringsgeheim van goeie leierskap gedeel, naamlik
dat een manier, een instrument, een apparaat en een benadering,
beslis nié almal pas nie.
Hy het beklemtoon dat ons kollegas, individue met unieke karak-
tertrekke is en veral in landbou vandag, het ons met unieke proble-
me te make, maar dat elkeen oor sekere vaardighede beskik wat
uitgeleef kan word sodat die industrie op die sterk punte kan
kapitaliseer en die swak punte vermy. “Elke leier het ‘n plig om uit
te vind wat die ander persoon maak
tick
en om van sy agtergrond
te leer voor jy in onderhandeling ingaan, want geen metodiek, belo-
ning of tegniek werk ewe goed vir almal nie,” aldus Marais.
Tydens die funksie is daar ook erkenning gegee aan bepaalde rolle in
die struktuur van georganiseerde landbou en wat voorts ook ‘n by-
drae tot landbou op sigself gemaak het. Mnr Jaap en me Lindie van
der Westhuizen het erkenning gekry vir die rol wat hulle gespeel het,
spesifiek met betrekking tot die voortuitgang in die sorghumbedryf.
Mnr John en me Anette Rankin is vereer vir hul bydrae teenoor
Graan SA en landbou spesifiek en dat hulle dit altyd op ‘n gepaste
wyse en met die nodige passie benader het.
Die jaarlikse erkenning vir uitnemendheid aan ‘n hoofbestuurslid
wat diep spore trap, nie net in die organisasie nie, maar ook in
harte, het aan mnr Andries en me Karen Theron gegaan. “Ons het
respek vir Andries se bereidwilligheid om die organisasie te dien
GRAAN SA
ALZENA GOMES,
skakelbeampte: Graan SA en foto’s:
DIRK KOTZÉ,
ledebemarking- en kommunikasiebeampte: Graan SA
1
7
2
3
8
4
5
6