SA Graan September 2014 - page 49

47
September 2014
Die webtuiste
kan ook gebruik word om
hierdie inligting tebekom.
Voorbeelde van aktiewe bestanddele wat as lewendige entiteit
in Suid-Afrika geregistreer en bemark word, sluit die twee swam-
spesies
Beauveria bassiana
(
Figuur 1
) en
Metarhizium anisopliae
in.
Beide hierdie twee swamme word as lewendige spore geformuleer
en bemark. ‘n Virus in die familie,
Baculoviridae
, is ook onlangs
geregistreer teen die valskodlingmot wat bekend staan as die
Cryptophlebia leucotreta
“granulovirus” of tewel CLGV.
Soos genoem, kan mikrobiese toksiene ook as biologiese insek-
doders gebruik word, soos in die geval van die bakterieë
Bacillus
thuringiensis
(of te wel Bt) en
Saccharopolyspora spinosa
. In die
geval van Bt, word ‘n proteïengebaseerde endotoksien geaktiveer
onder dieuniekepH-toestande indie insek se spysverteringstelsel.
Bt-gebaseerde insekdoders is daarom nie ‘n lewendige produk soos
in die geval van bogenoemde swamme nie. Ná toedieningmoet die
insek die toksien fisies inneem (aktiewe voeding) om effektief te
wees. Verskeie rassevanBt bestaan,waarvandiebekendste
kurstaki
en
aizawai
is.
Beide hierdie rasse is inSuid-Afrika geregistreer enword algemeen
toegedien teenwurmplae, soosdiebekendebolwurmen ruitrugmot
op groente en die
Plusia
-looper of koolvalslandmeter-ruspe op
groen-, soja- endroëbone.
Ander rasse sluit in
israelensis
teen muskietlarwes en
tenebrionis
teen kewerlarwes. ‘nAnder toepassing vanBt is die gebruik van die
Bt-geen in geneties gemodifiseerde gewasse wat dan self hierdie
toksien produseer om die plant weerstandbiedend te maak teen
insektewat daarop voed.
‘n Voorbeeld hiervan is Bt-mielies wat weerstand bied teen die
mieliestamruspeenChilo-boorder. Insekpopulasieswatvoortdurend
op die Bt-mielies voed, verkeer onder seleksiedruk en kan egter ‘n
weerstandontwikkel teendie toksien.
PlantluisesoosdieRussiesekoringluis (
Diuraphisnoxia
)enhawerluis
(
Rhopalosiphum padi
), is belangrike plae op koring en ander
kleingrane. Hierdie insektevoedmet spesiaal-aangepastemonddele
binnediegasheerplant waar hulle sappeuit dieplantselleonttrek.
Die enigste patogene wat effektief teen plantluise optree, is swam-
me, aangesien hierdie mikrobes direk deur die plantluis se vel
(kutikula) kan penetreer (
Figuur 2
) en nie soos bakterieë of virusse
geëetmoet wordom infeksie te veroorsaak nie.
Die gebruik van swamme, soos
B. bassiana
teen plantluise (
Foto 1
),
is wel ‘nmoontlikheid, maar aangesien plantluispopulasies die ver-
moë het om baie vinnig toe te neem, is die effektiwiteit van hierdie
swam effebeperk.
Navorsing by die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) fokus nou op
die gebruik van
B. bassiana
(en ander spesies) in kombinasiemet ‘n
sub-dodelike dosis van ‘n chemiese insekdoder. Die kombinasie het
‘n sinergistiesewerkingwaar die swam die insek siek genoegmaak
ommeer vatbaar vir die insekdoder te wees, terwyl diemiddel die
insek genoegsaam stres ommeer vatbaar vir die swam tewees.
Verskeie insekdoders is reeds geïdentifiseer as verenigbaar met
hierdie swamme en sal voortaan onder glashuis- en veldtoestande
getoetsword.
Bewaringsbiologiese beheer
Hierdie konsep is daarop gemik om die bestaande populasie van
voordelige organismes in ‘n omgewing te bewaar, aan te help en/of
temanipuleer deur die korrekteproduksiepraktyke te volg.
Gegewediebeperktebeskikbaarheidvangeregistreerdemikrobiese
insekdoders tans in Suid-Afrika, kan produsente onafhanklik hierdie
1: ‘nGevleueldeRussiese koringluiskadawermet die swam
Beauveriabassiana
besmet.
Foto: J.L. Hatting, LNR-KGI
2: ‘nKoringaarmet plantluiskadawers besmetmet die swam
Pandoraneoaphidis
.
Foto: J.L. Hatting, LNR-KGI
3: ‘nKadawer vandieAfrika-bolwurmmet die swam
Nomuraea rileyi
besmet.
Foto: J.L. Hatting, LNR-KGI
4: ‘nKadawer vandieAfrika-bolwurm,
Helicoverpa armigera
,met ‘n virus besmet.
Foto: J.L. Hatting, LNR-KGI
1
3
4
2
1...,39,40,41,42,43,44,45,46,47,48 50,51,52,53,54,55,56,57,58,59,...148
Powered by FlippingBook