Background Image
Previous Page  34 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Nuwe koringkultivars vir besproeiing

D

ie ontwikkeling van verbeterde koringkultivars met hoë

opbrengsvlakke, goeie kwaliteitseienskappe en weer-

stand teen die heersende plantsiektes bly Sensako se

hoofprioriteit.

Die nuutste weerstandsgene teen die heersende en verwagte aar-,

wortel- en blaarsiektes van kleingrane word deur dié saadmaat-

skappy in kultivarontwikkeling aangewend om plantweerstand te

beskerm, met voordele soos laer siektebeheerkostes, verlengde

rakleeftyd van kultivars en verlaagde risiko van verbouing.

Genetiese materiaal, wat die stikstofverbruikvermoë van kultivars

onder besproeiing sal verbeter, sal optimale produksie teen

laer insetkostes moontlik maak. Water- en elektrisiteitskostes

in besproeiing is insetkostes wat dramaties gestyg het. Vir elke

besproeiingsprodusent is dit ’n koste wat ’n betekenisvolle impak

op die gewasbegroting maak. Kultivars wat water meer doeltreffend

verbruik, word ontwikkel om die kostes te verminder sonder om

die opbrengs te benadeel.

Navorsingsresultate dui daarop dat verskeie kultivars die vermoë

het om steeds goeie opbrengste (minder as 1 t/ha verlaging)

te lewer met verminderde watertoedienings. Die praktyk gaan

egter steeds hand-aan-hand met die navolging van besproei-

ingskeduleringsriglyne om plantbeskikbare water optimaal te be-

stuur om opbrengspotensiaal te ontwikkel en te beskerm.

Ontwikkeling van kultivars vir besproeiing

sluit in

SST 8135 – ‘n hoëpotensiaalkultivar met ‘nmedium-kort groeiperiode,

goeie weerstand teen geelroes en poeieragtige meeldou, goeie

stabiliteit, staanvermoë, uitstekende graderingskwaliteit en graan-

eienskappe.

Die bestaande reeks kultivars, SST 895, SST 875, SST 835, SST 806,

SST 866, SST 884 en SST 843, verteenwoordig steeds die wenpak-

ket vir opbrengs met uitstekende graankwaliteit.

Belowende kultivars vir kommersialisering is SST 8125, SST 896,

SST 8154 en SST 8155. Die durumkultivars SSD 8154 en SSD 8133,

wat skoonskip maak in die gespesialiseerde nismark wat opbrengs,

staanvermoë en pastakwaliteit betref, is kommersieel beskikbaar.

Onthou: Nuwe kultivars het hoër opbrengspotensiaal en optimale

gewasbestuur met spesifieke bestuurs- en bemestingspraktyke moet

gevolg word om die verhoogde genetiese potensiaal te verwesenlik.

Sensako kultivars word versprei deur Senseed, deel van die VKB-

groep.

FOKUS

Besproeiing

Spesiale

DR WILLEM OTTO,

bemarkingskoördineerder, Sensako