Background Image
Previous Page  37 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Verminder risiko’s deur die regte

keuse van ‘n stikstofbron

E

ffektiwiteitsverskille tussen stikstof (N)-bronne gee aanlei-

ding tot normale opbrengsverskille oor lokaliteite en jare

heen wat ook in terme van winsverskille verreken kan word

(Adriaanse,

SA Graan/Grain

, Julie 2017).

N-bronne verskil in die mate en posisie in die grond waar dit

versuring sal veroorsaak, wat ook in terme van winsverskille

of besparing aan bekalkingskostes verreken kan word (Adriaanse,

SA Graan/Grain

, September 2017).

Klimaatsuiterstes asook sekere grondtoestande en bewerkings-

praktyke kan normale effektiwiteitsverskille tussen N-bronne egter

sodanig beïnvloed dat die risiko’s daaraan verbonde eerder bepa-

lend sal wees in die keuse tussen N-bronne.

N-toksiese effekte

Ureum-N, maar ook in ‘n mindere mate ammonium-N, is by hoë

konsentrasies toksies vir plante. Onder droë omstandighede

sal gekonsentreerde ureum omgeskakel word in ammoniakgas

wat wortels sal brand. Wanneer daar genoeg vog in die grond

teenwoordig is, sal die ammoniakgas in die grondwater oplos om

ammonium te vorm.

Gekonsentreerde ammonium-N sal nie vinnig na nitraat-N om-

geskakel word nie omdat dit ook toksies is vir die bakterieë wat die

werk moet doen. Opbrengs sal betekenisvol verminder wanneer

slegs ammonium-N teenwoordig is teenoor ‘n kombinasie van

nitraat-N en ammonium-N, maar dit sal nie tot dieselfde mate as

ureum, mortaliteit van saailinge veroorsaak nie.

Plantestandverlies by 100 kg N/ha wat 5 cm tot 10 cm direk onder

1,5 m-wye mielierye geplaas is, was 13 300 plante/ha (66%) vir

ureum en 4 800 plante/ha (24%) vir KAN (Adriaanse, 1991).

Mielie-opbrengs oor N-peile (15 kg tot 155 kg N/ha) onder droë

omstandighede, wat met plant 15 cm tot 20 cm weg van 1,5 m

wye rye en 10 cm diep (nie as plantmengsel nie) geplaas is, was

1,81 t/ha vir ureum en 5,01 t/ha vir KAN. Die opbrengs wat só

met KAN verkry is, was daarom 177%meer as met ureum (Adriaanse,

SA Graan/Grain,

Julie 2016), terwyl dit onder normale omstandig-

hede 5,5% meer by die lokaliteit en 13,6% meer by ander lokaliteite

was (Adriaanse,

SA Graan/Grain

, Julie 2017).

Die bandplasing van ureum hou daarom weens toksisiteit ‘n

groot risiko van opbrengsverlies in wanneer dit droog is na

toediening – selfs al is dit ‘n ent weg van plantrye – terwyl dit nie

die geval is met KAN nie. Urease-inhibeerder, wat saam met ureum

gebandplaas word, sal toksisiteit verminder, maar terselfdertyd

ook die beskikbaarheid van ureum vir plantopname vertraag.

N-vervlugtiging

Vervlugtiging in die vorm van ammoniakgas kom betreklik meer

voor met ureum en DAP wat die onmiddellike grond-pH verhoog, as

met produkte soos KAN en MAP wat dit nie doen nie.

Die pH van die grond self sal ook ‘n groot invloed op ammoniak-

vervlugtiging van N-bronne hê. Wanneer die grond-pH(H

2

O)

onder gekontroleerde toestande van 6,5 tot 9,1 verhoog is, het

ureumvervlugtiging met 17,1% (6,5% tot 23,6%) en KAN-ver-

vlugtiging met 6,9% (1,7% tot 8,6%) toegeneem (Du Preez en

Burger, 1986).

Die verhoging in temperatuur van September tot Oktober het

ureumvervlugtiging in Argentinië met 37% (8% tot 45%) en

KAN-vervlugtiging met 1,2% (0,3% tot 1,5%) laat toeneem

(Fantanetto, 1995).

Plantreste verhoog vervlugtiging van ureum – en nog meer so

wanneer dit fyn gemaal is, terwyl dit nie die geval is met KAN

nie. Waar suikerrietreste gemaal is, het ureumvervlugtiging met

31% (15,8% tot 46,8%) toegeneem, terwyl KAN-vervlugtiging met

0,87% (0,2% tot 1,07%) toegeneem het (Nixon

et al

., 2005).

Die gebruik van urease-inhibeerders saam met ureum sal ver-

vlugtiging waarskynlik betekenisvol verminder en sodoende ook

opbrengs verhoog. Die vervlugtiging van KAN behoort egter

steeds veel minder as dié van ureum plus urease-inhibeerders by

hoë pH, hoë temperatuur en baie plantreste te wees en daarom

word ‘n hoër opbrengs steeds met KAN verwag.

N-loging

Loging van N-bronne wat goed wateroplosbaar is, maar geen lading

het nie (ureum-N) of wat negatief gelaai is (nitraat-N), is heelwat

meer as N-bronne wat positief gelaai is (ammonium-N). Meer as

85% van ureum-N en nitraat-N sal waarskynlik naby die vlak van

waterpenetrasie voorkom, terwyl meer as 85% van ammonium-N

in die boonste 15 cm grond sal voorkom nadat dit op die oppervlakte

toegedien en dadelik ingewas is (Broadbent

et al

.,1958).

Aangesien nitraat-N betreklik vinniger opgeneem word as ureum-N,

sal nitraat-N in effek ook minder loog as ureum-N. KAN, wat uit

50% ammonium-N en 50% nitraat-N bestaan, sal ook heelwat min-

der loog en vinniger opgeneem word as ureum-N.

Urease-inhibeerders wat ureum-toksisiteit en -vervlugtiging vermin-

der, sal waarskynlik ureum-loging bevorder en beskikbaarheid vir

opname vertraag. Onder sekere omstandighede sal urease-inhi-

beerders dus opbrengs verhoog, maar onder ander omstandighede

hou dit ook die risiko in dat dit opbrengs kan verlaag.

N-versuringseffekte

Die hoeveelheid kalk wat nodig is om een kg N te neutraliseer is

3,57 kg vir ureum en 1,12 kg vir KAN (FERTASA, 2016) in die bogrond.

Ureum sal egter in teenstelling met KAN en ammoniumsulfaat

ondergrondsuurheid veroorsaak, wat heelwat duurder, moeiliker of

onmoontlik mag wees om te neutraliseer.

Hoe meer dit reën, hoe dieper sal ureum in die ondergrond ver-

plaas word, waar dit suurheid sal veroorsaak. Hierdie effek van

ureum hou ook die risiko in dat geenbewerkingspraktyke gestaak

sal moet word om ondergrondsuurheid aan te spreek.

Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer

lokaliteit-spesifieke toepassings.

35

October 2017

FOKUS

Besproeiing

Spesiale

DR ERIK ADRIAANSE,

bestuurder: Produkontwikkeling en Tegniese Ondersteuning, Sasol