Background Image
Previous Page  103 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 103 / 112 Next Page
Page Background

Sjoe, wat ‘n rekord!

2

3,92 t/ha...vermoedelik ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord!

Ja, jy het reg gelees: 23,92 t/ha. Dít is hoeveel geelmielies

mnr Erik Cloete van die plaas Sanctuary, Cradock, die

afgelope seisoen onder vloedbesproeiing gestroop het.

Cloete het Cradock Saadverspreiders se 20 ton-mielieklubkom-

petisie gewen – wat vir hom R40 000 se prysgeld in die sak gebring

het.

SA Graan/Grain

het met hom daaroor gesels.

“In Genesis 1:28 staan: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die

aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die

lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde

kruip.’ Wat ‘n groot opdrag – wat ons nie altyd verstaan nie.

“Indien ek terugkyk na my 23,92 t/ha mielie-opbrengs en ek

bestudeer die Verenigde Nasies se mielie-opbrengs, vind ek dat

hulle al by 33,39 t/ha gedraai het. Dit is 35% meer as ons – wat wys

dat daar nog baie ruimte vir verbetering is.

“Ek dink die besluit wat ons produsente moet neem, is: ‘Wil ek

alles insit om elke jaar beter te presteer of is ek tevrede met ‘n

gemiddelde oes?’ ‘n Mens hoef nie noodwendig jou insetkostes

dramaties te verhoog om te verbeter nie, maar slegs deur die regte

boerderypraktyke te volg en jou grond te bewaar, maak alreeds ‘n

groot verskil – veral oor die lang termyn.

“Ek wil ook graag die mieliesaadmaatskappye gelukwens met hul

nuwe basterkultivars – wat by baie toestande aangepas is en veral

bydra tot hoër opbrengste. Ons maak gebruik van Cradock Saad se

kundigheid om vir ons raad te gee en bemesting- en spuitprogram-

me uit te werk. Omdat hul personeel persoonlike diens op die

plaas lewer, gee dit baie gemoedsrus,” vertel Cloete.

20 ton-mielieklubkompetisie

Cradock Saad bied die kompetisie reeds die afgelope drie jaar aan.

“Hul reëls is dat jy meer as 10 ha moet plant en dat jy dan 1 ha moet

aanwys om te stroop. Ek hou nie van kompetisies nie, maar dit het

tog ‘n strewe na beter oeste in my wakker gemaak. Die eerste jaar van

die kompetisie het nie een deelnemer 20 ton gehaal nie en vanjaar

was nie een van die top drie onder 20 ton nie,” het Cloete gesê.

“Aan die res van ons land se produsente wil ek sê dat ons geduren-

de die droogte en politieke onstabiliteit aan almal dink. Ons weet

dat die reën op die regte tyd gaan kom.

“Baie dankie aan die landbouleiers wat daarna streef om vir ons

gunstige landboutoestande te skep en die politiek op ‘n daaglikse

basis namens ons hanteer. Die heel belangrikste is dat ons alles in

afhanklikheid van die Here moet doen,” het hy afgesluit.

AKTUEEL

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain