Background Image
Previous Page  99 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 99 / 112 Next Page
Page Background

Waarheen met LNR-KGI

se navorsing?

T

erwyl die ryp dik in Bethlehem gelê het en ‘n wit sneeukom-

bers oor die nabygeleë Maluti-berge getrek was (

Foto 1a

en

Foto 1b

), het rolspelers in die koringbedryf vanuit verskil-

lende dele in die land byeengekom om die LNR-Kleingraan-

instituut (LNR-KGI) se jaarlikse beplanningsvergadering by te woon.

Hierdie vergadering word jaarliks gehou om almal ‘n geleentheid te

gee om nuwe navorsingsbehoeftes wat gedurende die afgelope jaar

ontstaan het, te identifiseer en om die huidige navorsing wat by die

LNR-KGI gedoen word, te koördineer. Sodoende wil ons verseker

dat ons navorsing relevant is en dat al die behoeftes van die bedryf

aangespreek word.

Verteenwoordigers van Graan SA, die Wintergraantrust, verskeie

universiteite, die nasionale en provinsiale Departement van Land-

bou, die Landbounavorsingsraad (LNR), sowel as kommersiële

koringprodusente, het die vergadering op 28 Julie vanjaar op Beth-

lehem bygewoon om die navorsingsaktiwiteite van die LNR-KGI

te bespreek. Die hooftema wat reg deur die vergadering ter

sprake gekom het, is dat navorsing spesifiek daarop gefokus moet

wees om opbrengste te verhoog. Dr Hendrik Smith (bewarings-

bewerkingfasiliteerder: Graan SA), het die dag afgeskop met ‘n

baie insiggewende praatjie oor bewaringsbewerking en hoe dit

kan bydra om opbrengste oor die lang termyn te verhoog, terwyl

volhoubare produksie nagestreef word.

Mnr Barend Wentzel (kwaliteitsnavorser: LNR-KGI) het onlangs

‘n vergadering van die Wheat Initiative in Frankryk bygewoon.

Die Wheat Initiative is ‘n internasionale liggaam wat gestig is om

koringopbrengste wêreldwyd te verhoog ten einde die doelwit van

‘n 60%-verhoging in wêreldvoorraad teen 2050 te bereik.

Wentzel het in sy praatjie inligting verskaf oor hierdie projek wat

daarop gemik is om gapings in koringnavorsing te identifiseer en

wêreldwyd te prioritiseer. Tans is Suid-Afrika nog nie ‘n amptelike

lid nie, maar drie navorsers is reeds betrokke by spesialiswerks-

groepe, naamlik gewasbeskerming (dr Vicki Tolmay), kwaliteit

(Wentzel) en akkerbou (mnr Willem Kilian).

Die vier navorsingsbestuurders van die onderskeie programme by

die instituut het die geleentheid gehad om die vordering wat die

afgelope jaar in die onderskeie navorsingsprojekte gemaak is, aan

die vergadering voor te hou. Die groot hoeveelheid werk en die

wetenskaplike manier waarop dit uitgevoer is, het baie positiewe

kommentaar van afgevaardigdes ontlok.

‘n Groot hoeveelheid nuwe projekte met nuwe navorsingsfunksies

is aan die vergadering voorgelê. Die meeste van hierdie projekte

fokus op die opbrengsverhoging van koring. Aspekte soos droog-

teverdraagsaamheid, die gebruik van molekulêre merkers om

kultivars met verhoogde opbrengs te identifiseer, die invloed van

gewasrotasie op grondeienskappe en onkruidbeheer – veral in die

Wes-Kaap waar weerstandbiedende raaigras ‘n groot kopseer is, is

maar ‘n paar van die temas wat geïdentifiseer is. Hierdie projekte sal

binnekort aan verskeie organisasies voorgelê word vir befondsing.

Daar is tans geweldig baie veranderinge en uitdagings in die

koringbedryf – nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal. Kli-

maatsomstandighede is besig om reg oor die wêreld te verander,

voedselsekerheid is ‘n bron van kommer, ekonomieë verswak en

polities is die hele wêreld sommer deurmekaar. Hierdie verande-

ringe is ‘n realiteit en ons moet hulle op ‘n proaktiewe en positiewe

manier hanteer.

Van navorsing se kant af sal ons steeds ons koringprodusente

ondersteun ten einde hul effektiwiteit te verhoog en ons plaaslike

koringproduksie te stabiliseer.

1a en 1b: Prentjiemooi in wit.

Foto’s: Kobus Dreyer

2: Verteenwoordigers wat die vergadering bygewoon het.

Voor: Sakkie Lamprecht (Departement van Landbou: Mpumalanga),

prof Liesel Herselman (Universiteit van die Vrystaat), Thabo Ramashala

(Departement van Landbou, Bosbou en Visserye), prof Hussein Shimelis

(Universiteit van KwaZulu-Natal), dr Shadrack Dikgwathle

(Departement van Landbou: Limpopo) en dr Jasper Rees (LNR).

Middel: Dr Hendrik Smith (Graan SA), dr André Malan (LNR-KGI),

Schalk van der Merwe (Departement van Landbou: Vrystaat),

dr Simon Letsoalo (Wintergraantrust), dr Cynthia Motsi (LNR) en

dr Toi Tsilo (LNR-KGI). Agter: Jaco Breytenbach (Graan SA-

hoofbestuurslid), Kobus Lategan (Departement van Landbou: Noord-

Kaap), Andries Theron (visevoorsitter: Graan SA), prof Sakkie Pretorius

(Universiteit van die Vrystaat), dr Nthabiseng Motete (LNR),

dr Justin Hatting (LNR-KGI), Joseph Swanepoel (Graan SA-

hoofbestuurslid) en Willem Kilian (LNR-KGI).

Foto: Kobus Dreyer

97

October 2016

AKTUEEL

ANNELIE BARNARD,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

1a

2

1b