Background Image
Previous Page  100 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 100 / 112 Next Page
Page Background

98

AKTUEEL

Goeie arbeidsprak-

tyke en -verhoudinge

in die kollig

Reeks

O

ns is almal bewus van die hoë kostes verbonde aan

begrafnisse en hoeveel addisionele uitgawes daar met

die afsterwe van ‘n geliefde gepaard gaan. As ‘n mens

nie voorsiening daarvoor gemaak het nie, kan dit nogal

vir jou (of jou geliefdes wat agterbly) ‘n onaangename verras-

sing wees.

Juis daarom het Graan SA in 2015 ‘n strategiese vennootskap

met Momentum gesluit, wat Graan SA-lede in staat stel om vir

hulle en hul plaaswerkers produkte uit te neem ten einde finan-

siële welstand in die hand te werk. Een van die voordeelopsies

in die polis sluit begrafnisdekking in. Hierdie bedrag word by die

afsterwe van ‘n werknemer, sy/haar lewensmaat en kinders (tot

‘n maksimum van vier) uitbetaal.

Mnr Derek Mathews (Graan SA-Hoofbestuurslid vir Streek 5 en

lid van die Dagbestuur) kan getuig van hoe dié polis een van sy

werkers wat onlangs oorlede is, se gesin tot voordeel gestrek het.

“Die werker was nog nie eers vir ‘n jaar deel van die polis nie en

steeds is die voordele sonder ‘n gesukkel uitbetaal. Die familie

kon die nodige reëlings vir die begrafnis tref en aankoop wat hulle

nodig gehad het.

“Die polis het voorts ook ‘n opbetaalde begrafnisvoordeel: Met

sy afsterwe word daar nie meer premies betaal nie, maar sy

gesin sal dieselfde begrafnisvoordele lewenslank geniet,” het

Mathews gesê. Indien die werknemer as gevolg van ‘n ongeluk

sterf, sal die uitbetaalde begrafnisvoordele verdubbel.

Hy vertel dat die polis so bekostigbaar is dat hy dit as ‘n by-

voordeel vir sy werknemers kan gee. “Dit was vir my opvallend

hoe maklik dit is om die polis in plek te kry. Jy kontak bloot vir

Momentum en stuur vir hulle ‘n naamlys van jou werkers en

watter polisopsies hulle verkies,” verduidelik Mathews. ”Die ad-

ministrasie van die uitbetaal van die begrafnisvoordeel was ook

besonder maklik en moeitevry.“

Kry gemoedsrus

Graan SA moedig lede aan om deel te neem aan hierdie inisia-

tief. Opbetaalde lede van Graan SA kan die nodige aansoek-

vorms op Graan SA se webtuiste aflaai by

www.grainsa.co.za

onder die Ledevoordele-seksie. Lede kan ook Momentum se toe-

gewyde inbelsentrum skakel by 0860 333 334.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

– Dankbaar vir begrafnispolis

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur

n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.