Background Image
Previous Page  106 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 106 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

104

Droogte duur voort

– hulp steeds nodig

P

rodusente in sekere dele van Suid-Afrika sukkel steeds om

die huidige seisoen te oorleef. Agri SA is besorg oor hul

toekomstige lewensvatbaarheid.

“Droogte is nie ‘n eenjaarverskynsel nie. Kontantvloei en produk-

siekrediet-aangeleenthede sal met ons wees vir die volgende twee

tot drie jaar,” sê mnr Omri van Zyl (hoof uitvoerende beampte:

Agri SA). “Ons sal voortgaan om produsente in nood by te staan,

maar dit behels slegs ‘n druppel in die maatemmer vergeleke met

wat werklik benodig word.”

Agri SA het sy bes gedoen om behoeftige produsente landwyd

van noodsaaklike hulp in die vorm van vee- en kuilvoer te voorsien.

Volgens mnr Christo van der Rheede (adjunk uitvoerende direkteur:

Agri SA), wat as koördineerder van die fonds optree, beloop die

bydraes deur die korporatiewe sektor, internasionale donateurs,

kerkgenootskappe en algemene publiek tans R16 miljoen in totaal.

“Dele in die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes Provinsie, die Oos-

Kaap en die Wes-Kaap staar steeds ‘n erge krisis in die gesig en

Agri SA doen weer eens ‘n beroep op die korporatiewe sektor en

die algemene publiek om voort te gaan met hul finansiële bydraes

aan die Agri SA Droogterampfonds.

“Agri SA word daagliks oorval deur produsente wat nie meer

weet wat hul te doen staan nie. Hulle is net nie meer in staat om

voer aan te koop nie. Boorgate droog op en vee vrek op groot

skaal. Plaaswerkers en hul families het ook ‘n groot behoefte aan

humanitêre hulp. Help ons asseblief om ons voedselprodusente en

hul werkers by te staan,” het hy gesê.

“Die tekort aan wintervoer is ‘n wesenlike probleem en enige by-

draes deur die publiek word hoog op prys gestel. Verdere uitbeta-

lings vanuit die Droogterampfonds is in September aan provinsies

wat ‘n erge tekort aan wintervoer ervaar, gemaak.”

In

Tabel 1

word ‘n opsomming gegee van uitbetalings wat aan

provinsies vanuit die Droogterampfonds gemaak is, terwyl

Tabel 2

‘n opsomming gee van bydraes gelewer.

Bankbesonderhede vir bydraes

Begunstigde: Agri SA Rampfonds

Bank: Absa

Rekeningtipe: Tjek

Rekeningnommer: 40-6854-0775

Takkode: 632 005 (Business Bank – Pretoria East)

Begunstigde se verwysing: RAMP

Jy kan ook ‘n SMS stuur. SMS ‘Ramp’ na 42030 en dra R30 by tot

die Agri SA Droogterampfonds.

Kontak Van der Rheede vir verdere navrae by 012 643 3400 of

Christo@agrisa.co.za .

AKTUEEL

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Noord-Kaap

R3 668 421

Noordwes Provinsie

R3 639 474

Vrystaat

R3 439 474

Wes-Kaap

R2 500 000

Oos-Kaap

R889 474

KwaZulu-Natal

R505 263

Gauteng

R450 000

Limpopo

R407 895

TABEL 1: UITBETALINGS AAN PROVINSIES

VANUIT DIE DROOGTERAMPFONDS.

TABEL 2: OPSOMMING VAN BYDRAES WAT REEDS GEMAAK IS.

Getal kommersiële produsente wat hulp

ontvang het

12 921

Getal nuwe era-boere wat hulp ontvang het

4 000

Totale getal landbouers wat hulp ontvang het

15 974

Voerbale (rond en vierkantig) versprei

66 557

Sakke met voerpille versprei

36 609

Getal plaaswerkers en landelike familielede

van kospakkies en gebottelde water voorsien

9 057 plaaswerkers (vier lede =

36 228 landelike familielede)

Getal trokke benut

579

Getal donateurs wat geld geskenk het

1 300

Hoeveelheid meel en kospakkies versprei

236

Hoeveelheid water versprei

548 000 liters

Getal watertenks geskenk

20

Getal boorgate gesink

3

Agtergrond

Senwes het die Droogterampfonds

geloods en aan Agri SA, ‘n nie-wins-

gewende organisasie wat daarop

gefokus is om ‘n stabiele, winsge-

wende landbou-omgewing binne

Suid-Afrika te vestig, oorhandig, om

produsente by te staan gedurende

hierdie uitdagende tyd. Die fondse

word benut om voer aan te koop, die

vervoer van voer te subsidieer en

voer onder produsente in nood te

versprei via Agri SA-geaffilieerde

landbouverenigings in droogtege-

teisterde gebiede.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Richard Krige 2015